Gedagte vir die dag: Bly nederig

San-Damiano_4_sonsondergang_Annelize-Brits.jpg

San Damiano (foto: Annelize Brits)

Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie. (2 Korintiërs 4:7)

God is die ongeskape een; terwyl ons geskape is. Hy is die Een vir wie ons werk en ons motivering om elke dag ten volle te leef. Dit is in sy Naam dat ons vir mense bid om gesond te word en dit is deur sy krag dat wonderwerke plaasvind. In die hemel sal ons God aanbid. Soos Moses kan ons stralend word in sy teenwoordigheid, maar die eer sal altyd aan God behoort.

Franciscus van Assisi het geweet God deel nie sy heerlikheid nie. Hy het nooit eer gesoek nie en het altyd nederig gebly. Daar is groot manne en vroue van geloof en ons kan hulle respekteer en waardeer, maar ons moet versigtig wees om hulle te aanbid.

Wanneer ons groot dinge vir God begin doen en ’n impak vir die koninkryk maak, moet ons nederig wees. Ons kan God se heerlikheid weerspieël, en God se lig laat skyn deur ons, maar ons moet nooit probeer om onsself te verheerlik nie.

Here Jesus, ek vra u vergifnis indien ek u krag met die verkeerde motiewe gesoek het. Wys my wanneer iets of iemand ’n afgod in my lewe word. Ek wil aan U en U alleen die eer bring. Leer my hoe om nederig te wees en lei my op die ewige weg. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

martie ·

het jul deur my susuter leer ken geseende daggie verder martie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.