Gedagte vir die dag: Bly uit die pad uit

koringveld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. (Psalm 34:20)

Ons moet weet wanneer om betrokke te raak en wanneer om opsy te staan. Baie kere wanneer God in mense se lewe werk en ons sien hoe hulle worstel en selfs seerkry, wil ons hulle help. As God wil hê ons moet inbeweeg, sal Hy dit vir ons sê. Hy sal dit vir ons sê indien ons die pad saam met Hom loop en ons verhouding met Hom van so ’n aard is dat ons sal kan hoor wat Hy sê. Elke mens se seerkry is nie vir ons ’n teken om in te gryp nie. Partykeer is die seer bedoel om ons te help om sekere dinge in ons lewe te hanteer.

God sal ons in sy genade lei om te help na waar Hy wil hê ons moet help en ook na waar ons hulp tot sy eer sal wees.

Jesus, help ons om nie die werk van die Heilige Gees te wil doen nie. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lena Jonk ·

Dankie Jesus dat U met ons praat op maniere wat ons nie altyd verstaan nie, maar skenk ons die Genade om te besef U maak NOOIT n fout nie, U weet wat die beste vir ons is. Laat ons daarby berus.

Jerry ·

Hoe kan n mens die pad saam met sy Skepper bewandel? Versag jou hart sodat die skille van jou oe afkom en sodat jy kan sien wat jou Skepper vir jou wil wys!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.