Gedagte vir die dag: Bly wag op die Here

sonsopkoms-man-wat-bid

Foto: living365withjesus.wordpress.com

Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het.” (Hand 1:4)

Lees Handelinge 1:1-8

Jesus vra van sy volgelinge om in Jerusalem te bly wag op die gawe wat sy Vader beloof het. Indien hulle nie na Hom geluister het nie, sou hulle nie daar gewees het met die uitstorting van die Heilige Gees nie.

Toe iemand vir die woestynvader Abba Anthony gevra het wat ’n mens moet doen om vir God plesier te verskaf, het hy gesê daar is drie dinge. Die eerste twee is vanselfsprekend: dat ons altyd bewus sal wees van God se teenwoordigheid en dat ons sy Woord moet gehoorsaam. Die laaste een is egter heel verrassend: dat ons nie behoort weg te gaan van die plek waar ons ons op die oomblik bevind nie.

Miskien is jý op die oomblik in ’n dorp, werk of huwelik vasgevang wat nie vir jou wil uitwerk nie. Dalk is jy hier aan die begin van die jaar lus om jou tentpenne uit te trek en iewers anders heen te verkas. Luister dan na Abba Anthony se raad: Bly waar jy is. Dit is dalk die plek waar die Here jou vanjaar wil gebruik, alhoewel jy op die oomblik nie daar gelukkig is nie.

Vra God om jou van jaar op ’n spesiale manier te gebruik, net daar waar jy op die oomblik is.

Here, ek is jammer dat ek so ontevrede met my omgewing en my omstandighede is. Maak my gewillig om hier waar ek is deur U gebruik te word. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ursula ·

Thank you, I always enjoy your word for the day but who is ‘abba Anthony’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.