Gedagte vir die dag:  Blydskap in die hemel       

Natuur_sonstrale_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer. (Luk 15:10)   

Die hele situasie kon anders verloop het vir die oudste seun in die gelykenis van die verlore seun as hy nie ’n wrok teen sy jongste broer gekoester het nie. Hy kon nie glo dat sy pa sy broer sommerso kon vergewe nie. Hy het gevra: “Wat gaan daar onder aan? Hou hulle ’n partytjie? Hoekom? Wát? Omdat my broer teruggekom het? Hy is dan niks anders as ’n verkwister nie!” Wat hierdie jong man nie besef het nie, was dat sy broer tot inkeer gekom het en huis toe gekom het. In plaas daarvan om bly te wees oor sy broer se bekering, was hy bitter en afgunstig.

Wat van jou? Jy sê dalk: “Ek het in ’n Christelike huis groot geword. Ek het Sondagskool toe gegaan. Ek gaan elke Sondag twee keer kerk toe. Ek gee ’n tiende van my inkomste. Ek het nog nooit iets verkeerds in my lewe gedoen nie.” Dit is net hier waar jy die grootste fout maak. Net hier. Jesus is die vriend van sondaars. Jesus het gekom om sondaars te red. Was jy regtig nog nooit afgunstig op iemand nie? Het jy nog nooit iets begeer nie? Het jy nog nooit iets selfsugtigs gedoen nie? Ons almal het gesondig, maar die verlossing van God is daar vir ons almal om te aanvaar. Die engele in die hemel sal saam met God bly wees oor een sondaar wat hom of haar bekeer.

Here, vergewe my al my sonde. Ek gee my hele lewe in u hande oor, Here. Deur u genade het ek u geskenk van verlossing aanvaar. U is my Vader en ek is u kind.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Von ·

Here Jesus dankie dat ek ook by U vergiffenis ontvang het…Here ek leef saam met n selfvernietigende man n verkwister n dobbelaar…ek bid al soveel jare vir hom vir verlossing…..U Heilige Naam ter ere…Amen

Darryl ·

Von..vanoggend bid ek saam met jou vir jou man..in Jesus Naam.

Nel ·

Moet nooit moed verloor nie. Op Sy tyd sal Christus wel jou gebede verhoor – sal ook in my gebede aan jou dink.

Maria ·

Ek erken was soos n verlore seun met vol foute en sonderaars en dankie wonderlik boodskap Luk 15:10 voel soos n eer HOERA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.