Gedagte vir die dag:  Blydskap in die hemel

Hemelvaart_Opstanding_Stiltetyd.jpg

Foto: christianheadlines.com

‘Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.’ (Lukas 15:7)

Mikal het Dawid beskuldig dat hy hom nie waardig gedra het nie om­dat hy saam met die gewone volk in sy linneskouerkleed gedans het. Met: ‘Voor die Here wat my verkies het bo jou pa en sy familie deur my aan te stel as heerser oor Israel, die volk van die Here, ja, voor die Here sal ek dans’ (2 Sam 6:21), het Dawid haar stilgemaak.

Die Fariseërs en skrifgeleerdes het oor dieselfde soort optrede by Jesus kom beswaar aanteken. Hy het mos sondaars ontvang en saam met hulle geëet. Hulle het hierdie soort gedrag nie van ’n profeet verwag nie en agteraf aan­merkings gemaak.

Dis toe dat Jesus hulle die gelykenis van die verlore skaap vertel het, byna asof Hy met kinders praat. Sê nou een van hulle het 100 skape en een raak weg. Wat doen hy? Hy los die 99 in die veld en gaan soek die verdwaalde skaap. As hy hom kry, tel hy hom op, dra hom op sy skouer huis toe en nooi al sy vriende om saam met hom bly te wees omdat hy sy verlore skaap terug­gekry het. So gaan dit ook in die hemel. Almal juig oor een sondaar wat tot bekering gekom het, meer as oor die ander wat reeds gered is.

Ken jy iemand wat die afgelope tyd dramaties tot bekering gekom het? Het die gemeente hom of haar in hul midde verwelkom? Maak seker dat nuwe bekeerlinge tuis voel en deel word van jou groep.

Here Jesus, bewaar die brose harte van nuwe bekeerlinge. Help ons om hulle met warm liefde te aanvaar en saam in hul vreugde te deel.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lukas Fúrstenberg ·

Die Jode se moshiach se naam was Jehoshua nie Jesus nie.

Petrus Fasen ·

Maroela Media. Ek wil julle graag met n liefdelike hart bedank vir die epos wat ek elke oggend kry want julle Christelike epose. Baie dankie vir julle puik diens. Mag julle en elkeen wat dit lees baie geseend wees. Shalom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.