Gedagte vir die dag: Blydskap in swaarkrytye

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. (1 Petrus 1:6-7, NLV)

Petrus verseker sy lesers dat hulle swaarkry van die oomblik eintlik vir hulle ’n rede tot blydskap behoort te wees omdat hierdie swaarkry ’n heilsame invloed op hulle lewens sal hê. Dit toets die egtheid van hulle geloof, net soos die egtheid van gouderts deur vuur getoets word. Hulle sal as beter, heiliger mense anderkant uitkom.

Almal van ons ervaar op aarde sulke “vuurproewe” wat ons geloof toets. Terwyl jy hierdie swaarkry aan jou lyf ervaar, lyk dit glad nie vir jou na ’n rede tot blydskap nie. Tog, wanneer jy oor jou lewe terugkyk, ontdek jy dat dit juis in jou swaarkrytye is dat jy God se teenwoordigheid die helderste ervaar het, dat dit juis tóé was dat jy intens bewus van sy liefde vir jou was. Swaarkry leer jou boonop om uit te sien na die wederkoms van Jesus.

Here Jesus, maak dit vir my moontlik om bly te wees oor my eie swaarkry omdat dit my nader aan U bring en my vir u wederkoms voorberei. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie Swanepoel ·

Baie dankie vir hierdie gedagte van die dag wat ek elke dag ontvang. Ek kan nie wag in die oggend om julle e-pos oop te maak nie. Hierdie gedagte van vandag was werklik vanoggend vir ons bedoel. Ons het ‘n roof by ons huis gehad. Hulle was 5 persone my en my man vasgebind en die huis gestroop. My in die gesig geslaan met die vuis maar by dit alles was die Vader teenwoordig en ons lewens gespaar. Ons is nie meer jonk nie ek is 69 en my man 68. Dit was net die Here se Genade wat ons hierdeur gedra het. Dit was baie traumaties, Maar alle eer aan Onse Groot Vader wat ons lewens gespaar het en ons is weer opnuut verseker dat die Here is in volle beheer van ons lewens en elke haar op ons hoof is getel volgens die Skrif.
Hou aan met die Gedagte vir die dag en die seeninge wat julle uitstuur. Mag julle ryklyk geseend wees. Sarie Swanepoel

Lena Jonk ·

Sarie, ons ken jou nie, maar se vir Jesus baie dankie dat julle gespaar gebly het deur God se Genade. Mense besef nie altyd dat Jesus se Genade oor ons uitstrek nie, soms is dinge moeilik om te verstaan MAAR dat ons God daar is vir elkeen van ons is die waarheid. My man en dogter ook in SA met vuurwapens teen hul koppe gestaan en wag vir geld, hulle het op God vertrou en is ongedeerd gelos, na alle geld natuurlik gegee is. Ons bid altyd vir SA en sal aanhou want dis net Ons Almagtige god wat daardie lieflike land kan red. ONS GOD IS GROOT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.