Gedagte vir die dag: Blye nuus

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: Carbonchurch.com

Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. (Lukas 2:17)

Die groepie skaapwagters het die engel se nuus – dat die lang verwagte Verlosser in Betlehem gebore is – met vreugde ontvang. Ná die engele weg is, het hulle dadelik klaargemaak en na Betlehem gegaan, waar hulle Josef en Maria en die baba Jesus in die stal gekry het. Hulle het vir Josef en Maria vertel wat die engel van die Kindjie gesê het.

Hierna het hulle die blye nuus oor die geboorte van die Verlosser aan ander mense gaan vertel. Wat doen jy met hierdie goeie nuus?

Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het. ~ Johannes 3:11

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.