Gedagte vir die dag: Bo alles

Vertrou-op-God

Foto: Reint Dykema.

Vertrou op die Here. (Psalm 37:34)

Ek besef jy is in die nood, hoop teen alle hoop in, onseker of Ek jou gebede hoor, nie in staat om my stem te hoor nie en jy bevraagteken ook my teenwoordigheid, maar Ek vra jou om vol vertroue te bly glo met jou oog op My gevestig. Ek weet dit is nie maklik om te glo nie, maar wanneer dit voel of jou geloof lou word, sal my Woord vir jou die krag gee om aan te hou glo.

Ek weet dit is die wagtye wat geloof soveel moeiliker maak, maar jy sal juis terwyl Ek uitstel, ontdek dat Ek nader aan jou beweeg … jou hart voorberei vir beantwoorde gebed en jou leer om My al hoe meer te vertrou. Dit is nie maklik wanneer Ek jou nie antwoord soos jy gehoop het Ek sou nie. Onthou, my weë is nie jou weë nie, want Ek sien tot in ewigheid. My weë is beter; jy sal My maar net daarmee moet vertrou.

Wanneer jy My bevraagteken, moet jy jou hart ondersoek en vra of daar enigiets is wat jou van My skei. Laat niks tussen ons staan nie, want EK IS alles wat jy nodig het. EK IS nooit van my troon af nie en EK IS altyd in beheer. Hoop in My sal vir jou oneindig meer gee as wat jy kan waag om voor te hoop of jou in te dink.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elresa ·

Amen! Baie dankie vir die pragtige boodskap. Presies wat ek al die afgelope tyd nodig gehad het om te hoor!

Bernie ·

Drie boodskappe van hoop – God se tyd is altyd perfek. Dankie Here Jesus, U weet wat die situasie tans is en ek nie kòn bid òf vra nie. Help my om getrou te wees aan U en nooit te twyfel aan U sorg nie.

Charlotte ·

Dit is baie moeilik vir my om die groter prentjie te
sien op die oomblik. Maar ek glo en vertrou dat God
in beheer is van ons lewens. Ek glo God se wee is nie
ons wee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.