Boek: In die lig van sy genade

In die Lig van sy genade_Jimi Le Roux.jpgJimi le Roux

God se beloftes dra ons. Dit is Woord-wind onder ons geloofsvlerke, wat ons hoog bó ons omstandighede kan laat uitstyg. Beloftes bring krag, hoop, geduld en geloof; dit getuig van God se genade.

Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in In die lig van sy genade. Dié 366 oordenkings in dié volkleur-dagboek handel oor verskeie van God se beloftes uit die boek Jesaja wat ons kan inbou in ons geloofslewe. Verder bied die dagboek ook

  • ’n Persoonlike belofte vir die dag aan die einde van elke oordenking
  • ’n Leesprogram vir die boek Jesaja – met noodsaaklike verse om te merk
  • ʼn Artikel oor die agtergrond en inhoud van Jesaja wat gratis afgelaai kan word

Spesiale geleenthede soos Paastyd, Pinkster en Kerstyd word ook met gepaste gedeeltes uit Jesaja toegelig.

Die bemoedigings en beloftes in Jesaja kan ons baie leer oor God se hart vir sy mense, sy droom vir ons en sy plan vir die toekoms.

Oor die outeur:

Jimi le Roux is ’n leraar, lewensbegeleier, onderwyser en pa. Hy het vir 20 jaar in verskillende gemeentes as leraar gewerk, maar is sedert 2010 voltyds besig met die internet-bediening Padlangs. Intussen het hy ook as lewensbegeleier gekwalifiseer en geregistreer. Via die internet word duisende mense bedien met daaglikse oordenkings, geestelike kursusse en programme en ander geestelike materiaal. Jimi lewer geestelike bydraes aan tydskrifte en het ’n weeklikse radio-insetsel. Jimi het ’n MA in Bybelkunde en ’n honneursgraad in sielkunde, en hy is ook ’n geakkrediteerde dosent aan die CGTS en bied vakke tot op honneursvlak aan in praktiese teologie. Hy woon saam met sy gesin in die Strand. Besoek gerus www.jimileroux.com

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R189,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.