Gedagte vir die dag: Bome wat goed natgelei is

 blare_reen_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die bome van die Here kry volop reën. (Psalm 104:16)

’n Boom kan nie sonder water floreer of selfs eens groei nie. Net so is lewe noodsaaklik vir die Christen. Daar móét lewe wees; die kragtige mag wat deur God se Heilige Gees in ons uitgestort word. Dit is nie genoeg om die naam “Christen” te hê nie. Ons moet met die gees van goddelike lewe gevul word.

Dink aan hoe die vog in die boom deurentyd aan die werk is. Net só is die Christen se lewe vol energie; nie altyd te sien in vrugte nie, maar dikwels om innerlik te kan groei. Die gelowige se karakter is altyd besig om te ontwikkel; om meer soos Christus te word. By die boom produseer die water uiteindelik vrugte. Dit is dieselfde met ’n gesonde Christen. Die werk van die Gees kan gesien word in hoe hy lewe en praat. Daar is soveel lewegewende Gees binne-in hom dat sy hele wese vibreer met goddelike krag.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.