Gedagte vir die dag: Brandarm, en tog skatryk

woud_strale_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Al is hulle ook hewig getoets deur swaarkry, het hulle uiter mate blymoedig gebly, en hulle groot armoede het uit geloop op oorvloedige vrygewigheid. (2 Korintiërs 8:2)

Die gemeente in Masedonië het die sin van die lewe ontdek. In hulle doen en late kon ’n mens agterkom watter verskil Christus in mense se lewens kan maak. Hulle geloof was nie net ’n kopgeloof nie, maar dit het in hulle optrede weer klank gevind.

Die Masedoniese gelowiges was arm mense. Hulle het gesukkel om kop bo water te hou. Maar die oomblik toe hulle hoor dat die gelowiges in Judea swaarkry, was hulle onmiddellik bereid om tot die noodfonds by te dra. Benewens die feit dat hulle arm was, was hulle ook swaar beproef deur verdrukking. Die mense het rede gehad om afgerem te voel en dikmond deur die lewe te gaan. Maar nee, hulle blydskap was oorvloedig! Dit is mos nie normaal nie!? Wat makeer hierdie mense?

Hulle makeer niks. Hulle het net iets wat ander nie het nie. Hulle het die lewende Here in hulle lewens. Want, sê Paulus, hulle het hulle eers aan die Here toegewy en toe was hulle gereed en toegerus om hulle vir ander beskikbaar te stel. Watter voorbeeld! Die wins van verlies word nêrens so treffend verbeeld as in hierdie gemeente se lewe nie.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Loretta ·

Prys die Here,Almagtige Alwetende God wat almal se swaarkry ken,en wat uitkoms maak!! Jesus van Nasaret!! Amen!!

Sakkie ·

Liewe Here maak my die soort mens wat so gelowig is en ander se nood kan raaksien. Amen

John ·

Maar ons word nou gekondisioneer, en dit pas ons nogal, om net ons ‘verste’ se nood te help verlig. Maar ons naaste, sjoe nee, net nie my arm en.. en… broer, suster of armlastige mede-afrikaner s’n nie want dalk is hy ‘n suiper, was altyd maar lui of is ‘n dit-of-dat… Ons help net graag as die tv-kamera naby is en as ek afslag op my belastingstaat kry. Met gee kry mens geen afslag op sondes van die verlede of in die toekoms nie. Dit word deur die Roomse Kerk en baie navolgelinge om eie duistere redes gepredik. Gee is ‘n liefdesdaad uit dankbaarheid vir Christus se sterwe aan die kruis waar Hy klaar boete gedoen het vir ons sondes. Of was dit verniet want ons wil dit liefs self probeer doen. Hoeveel gee is genoeg om in die Hemel te kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.