Gedagte vir die dag: Breek met die ou mens!

Wolke_pad_be…t_Dykema.JPG

Foto: Reint Dykema

Hou dan op om te lewe soos jy vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (Ef 4:22-24)

Lees Efesiërs 4:17-24

Paulus skryf aan die gemeente in Efese dat geloof in Jesus nie net ’n verskil in hulle ewige bestemming beteken nie, maar ook ’n vers kil in hulle lewe hier op aarde behels. Almal wat in Christus glo, is nou nuwe mense wat nuut moet leef en dink.

Wanneer jy in Christus is, behoort jy jou ou leefstyl te laat vaar en ’n heel nuwe leefstyl te volg. Dit is moeilik om jou leefstyl radikaal te verander sodra jy tot bekering kom. Daar is sekere gewoontes waarmee jy gaan sukkel omdat hulle al so deel van jou lewe geword het. Daar behoort egter ’n groot verskil te wees tussen jou lewe vóór en ná jou bekering. Hierdie onderskeid gaan nie sommer vanself óf maklik kom nie – jy sal jouself moet inspan om te lewe soos God vra.

Doen dit deur te breek met die ou mens, en al hoe meer na die beeld van God vernuwe te word. Bestudeer jou Bybel sodat jy goed sal weet hoe die lewe van die nuwe mens daar moet uitsien. Leef van nou af volgens God se wil wat vir jou in sy Woord uitgestippel word en wees heilig. God sal jou help om dit reg te kry. Vra Hom gerus om jou te help.

Here Jesus, U maak dit vir my moontlik om ’n nuwe mens te wees omdat u bloed al my sonde afgewas het. Help my om met my sondige gewoontes te breek. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agnes en Edwin ·

Baie da kie vor elke dag se stiltetyd, ons lees dit elke dag en dit gee ons oordenking daagliks. Dit is n goeie manier om ons volk weer te bind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.