Gedagte vir die dag: Breekbaar en tog kosbaar

 staar_see_onweer_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie. (2 Korintiërs 4:8, 9)

In hierdie twee verse word die verskil tussen wins en verlies pragtig verwoord. Onder normale omstandighede sal mense wat verdruk en vervolg word, reken dat alles verlore is. As ons na Paulus se geskiedenis kyk, het hy oorgenoeg rede gehad om terneergedruk te voel. En tog getuig hy van die teendeel. Hoe kry hy dit reg? Ons vind die antwoord in die vorige vers: “Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie” (vers 7, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Ons is broos en breekbaar. En daar kom dinge oor ons pad wat ons bewus maak van ons gebrokenheid. Ons voel dit aan liggaam en gees. Maar dis nie al nie …

Daar is ’n ander, onberekenbare sterk faktor wat in en deur ons breekbare lewens aan die orde kom: die krag van God. Daarom eindig alles nie met ons broosheid nie, maar kry die krag van God die oorhand. Ons is wel breekbare kleipotte, maar ons is ook draers van ’n skat, die skat van die goeie tyding van verlossing deur Jesus Christus.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.