Dit is tog duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense. (2 Kor 3:3)
So dikwels het ek die trekker al die grond sien omploeg. Ons doen dit elke dag en die hele dag wanneer ons die grond vir die saad voorberei. Op die regte tyd sal ons dan die oes insamel. Om te kan oes, moet ons deur die sleurwerk van ploeg gaan. Wanneer die trekker breek, moet ons dit regmaak en verder ploeg. Ons moet ploeg in die reën en in die sonskyn sodat ons op die ou end die oes kan insamel. Geduld en volharding – dit is wat ons dan nodig het.
Dieselfde is waar in ons daaglikse lewe. Ons moet met geduld en volharding die evangelie verkondig sodat die Here die oes kan insamel wanneer Hy weer kom. Ons moet ’n brief van Christus wees wat ander mense kan lees en hulle lewe aan die Here kan oorgee. Dit is nie altyd maklik om die geduld en volharding te hê om ’n brief van Christus in hierdie lewe te wees nie. Wanneer ons volhard, sal ons die onverganklike, onbesmette en onverwelklike prys ontvang wat God in die hemel vir ons bewaar (1 Pet 1:4). Die Here sal ons krag hernu wanneer ons swak is. Hy sal vir ons die krag gee om op arendsvlerke te sweef, om te hardloop en nie moeg te word nie, om te loop en nie afgemat te raak nie (Jes 40:31).
Heilige Gees, gee vir my die geduld en volharding om die goeie nuus van Jesus Christus te verkondig totdat Hy te rugkeer. Amen
Amen
Asb Jesus gee vir ons die geduld en deusettingsvermoe om in hierdie fel stryd in die lewe vandag met U Genade te kan volhou om teen satan se magte te kan veg. Dankie dat U daar is vir ons.
Amen
Ek is moedeloos as enkel ouer gesukkel om my kind finansieel op universiteit te hou. Dit voel vir my ek bid en bid, Here help my asb, maar Hy verhoor nie my gebede nie. Here help my asb om vir my ‘n ondersteuning stelsel te gee.