Gedagte vir die dag: Broodnodige stiltetyd

Eend-op-dam-Irene-FarmSoek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. (1 Kron 16:11)

Ek weet daar is mense wat dink lectio divina is nie vir hulle nie. Hulle voel hulle het nie regtig tyd nie, of is darem heeltemal te gewoon vir iets soos lectio divina.

Dit is egter ’n fout wat jy nie moet maak nie. Ek en jy is gemaak vir stiltetyd by God. Jou verhouding met God is jou heel belangrikste verhouding ooit. Soos ’n vis gemaak is om in die water te leef, is jy gemaak om in ’n verhouding met God te leef. Wat gebeur as jy ’n vis uit die water haal? Hy gaan dood. Haal jou uit die teenwoordigheid van God en jy gaan dood. Jy is gemaak om oor God te mediteer. Dit is jou kos en jou lewe en jou asem. As jy dit ophou doen, leef jou liggaam nog, maar aan die binnekant is jy dood.

Gryp vandag nog die ware lewe aan.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean ·

Al die moeite om uit die katolieke kerk te kom en nou gaan ons predikante maar net weer terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.