Gedagte vir die dag: By sy voete

gebed_stiltetyd_sit_sonsopkoms.jpg

Foto: stylonica.com

Loof die Here ons God! Aanbid Hom by sy voete, want Hy is heilig! (Psalm 99:5)

Aanbidding is die grootste bewys van jou geloof. Indien jy werklik op my soewereiniteit vertrou, sal jy jouself voortdurend by my voete vind, voor my genadetroon. Wanneer jy daar is, vra Ek dat jy My sal loof in plaas van om op jou probleme te fokus. Dit is ’n tyd van oorgawe; laat vaar jou trots en erken dat Ek jou God is en dat daar geen ander is nie.

Jou lewensomstandighede kan jou swak, depressief en eensaam laat voel, maar dit is nie jou gevoelens wat jou toekoms bepaal nie. Ek bepaal jou toekoms. Wanneer jy My in nederigheid aanbid en jou oë op My rig, stort Ek my genade oor jou uit. Wanneer jy my Naam grootmaak, word alles in jou lewe kleiner, insluitend die onoorkombare hindernisse wat tussen jou en jou geloof staan.

Wanneer jy in gebed op jou knieë is, sal jy die troos vind wat jy nodig het om vrede na jou siel te bring terwyl jy met die daaglikse frustrasies van die lewe worstel. Moenie jou tyd saam met My misloop nie. Tyd om net in my teenwoordigheid te sit, om My toe te laat om jou van my beloftes te verseker, om doodeenvoudig jou geloof te versterk deur te besef dat Ek alles onder beheer het. Ek wil nie hê jy moet angstig wees nie; Ek wil hê jy moet ten alle tye vrede hê. Die vrede wat alle verstand te bowe gaan, word in die skadu van my vlerke gevind. Kom sit by my voete, rus en vertrou.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dankbare mens. ·

Daag al my medemense uit probeer Dit en daardie VREDE, is ONBESKRYFLIK GROOT. Dankie Vader Seun en Heiligegees.

Susan Pieterse ·

Dankie vir die mooi boodskap. Het dit so nodig in hierdie gejaagde deurmekaar wereld van ons!

Loretta van Wyk ·

Baie dankie vir die kosbare belofte uit die Woord In stilte voor Vader se aangesig is al waar ek weer vrede kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.