Gedagte vir die dag: By wie is die oormag?

Stiltetyd_wolke_plaas_Floris-Booysen-13.jpg

Foto: Floris Booysen

“Moenie bang wees nie!” sê Elisa vir hom. “Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!” Toe bid Elisa: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!” Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was. (2 Konings 6:16, 17)

Die Arameërs het agtergekom dat Elisa die man is wat hulle militêre planne in die wiele ry. Die koning stuur toe ’n leërmag na Dotan om vir Elisa gevange te neem. Toe Elisa se kneg die oggend vroeg by die deur uitstap, skrik hy hom boeglam! Oral waar hy kyk, sien hy net perde en ruiters, ’n vyandelike oormag het die dorp omsingel. Die man is feitlik in trane wanneer hy die toedrag van sake aan Elisa oordra.

Maar Elisa bly kalm. Hoor net wat sê hy: “Dié wat by ons is, is meer as wat hulle is” (Bybel in Afrikaans 1983/1992). Waarvan praat hy? Hy bid dat die Here sy dienskneg se oë sal open sodat hy behoorlik kan sien. En wat sien hy toe? Die berge rondom hulle was vol perde en strydwaens van vuur. Wat maar net wil sê dat met God aan jou kant, jy altyd deel is van die oormag.

Leer om in die geloof ’n visie van God se almag te kry.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Yvon ·

Almagtige God tot vandag toe nog is U inbeheer. Ek verklaar dit in die naam van Jesus Chritus ons redder en saligmaker. Amen

Anoniem ·

Baie goeie teksvers om te onthou juis vandag met die mosie van wantroue in die parlement.

Deon ·

Mense bedaar!! God het die stemme van LP’s nodig om van Zuma ontslae te raak nie. God sal sal hom vernietig as dit die regte tyd is. Ja, God kan hom binne ` oogwink vernietig. Al wat ons moet doen is dat ons nedrig voor God moet buig en ons opnuut aan God moet toewy. Kyk wat se leermag (van getuiens) het Elisa om hom gehad!!

Charl ·

Amen! Ek wens al die kinders van God wat hartseer is oor die mosie van wantroue wat “misluk” het kan hierdie lees. God laat niks misluk! Hy laat alles ten goede meewerk! Ons moet die Here egter vertrou en saam stem op sy woord

Vicky ·

Deon ek stem saam met jou. Los dit in die Here se Hande. Ons moet net bid en GLO ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.