Gedagte vir die dag: Byvoorbaat dank

manIn Filippense 4:6-7 sê Paulus dat ons hierdie beginsel ook in ons geloofslewe moet toepas: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

En in 2 Kronieke 20 sien ons hoe Koning Josafat hierdie beginsel prakties toepas in ’n uitdagende tyd in die geskiedenis. Drie weermagte, die Moabiete, Ammoniete en Meüniete span saam om ’n oormag teen Juda te vorm. By die besef dat hulle Juda totaal kan uitwis, het Josafat bang geword. Hy het ’n vasdag vir die hele volk uitgeroep waartydens hulle voor God gaan staan het. In vers 12 bid hy: “Ons God . . . ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”

Die Gees van die Here het hierna ’n boodskap aan hulle gegee deur een van die gemeentelede: “So sê die Here: ‘Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God. . . Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle.” Josafat en die volk het hierna voor God gekniel en Hom gedank – ’n “byvoorbaat dank”-oomblik.

Die volgende oggend het Josafat se weermag begin optrek. Nie met die sterkste krygers aan die voorpunt nie, maar met die lofsangers terwyl hulle uit volle bors sing: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Nog ’n “byvoorbaat dank-oomblik”.

Die uiteinde? Toe die Judeërs by die uitkykpos kom en na die magtige vyand soek, het daar net lyke op die grond gelê. Die Here het onverwagte aanvalle bewerk. Die volke het een na die ander neerlae laat lei en daar was geen oorlewende nie.

Wat is jou behoefte of uitdaging in hierdie stadium? Benodig jy ’n finansiële deurbraak, ’n werkgeleentheid, ’n huweliksmaat, ’n baba, genesing van ’n siekte of staan daar dalk ook in jou lewe ’n reus in jou pad wat voel of dit jou gaan uitwis? Het jy al jou begeertes met gebed en smeking voor God uitgestort? Het jy hom al gedank – byvoorbaat gedank? Stap nou met lofprysing die stryd tegemoet met die wete dat God namens jou sal veg. Neem jy net posisie in en staan dankbaar en wag op sy deurbraak. Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie dat ek U vooraf reeds kan dank vir ’n deurbraak al het ek dit nog nie fisies in my lewe beleef nie. Ek doen dit omdat ek weet dat U getrou is en dat U die beste weet. Help my om te alle tye my geloof en vertroue in U te stel. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-‘n-dag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henrietta Klaasing ·

BAIE dankie, kosbare bemoedigende boodskap veral in hierdie tyd wat dit ook lyk asof daar ‘n “groot menigte” optrek wat mens nie in eie krag kan weerstaan nie. Ek lees oral “vrees” dat die “EFF en die ANC gaan saamwerk en die Grondwet verander” – Ons vergeet so maklik: God is in beheer – Loof Sy Naam!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.