Julle is nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar lede van die huisgesin van God. (Efesiërs 2:19)
Ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes. (1 Petrus 2:11, Bybel in Afrikaans 1933/1953)
Terwyl niemand sal kies om as ’n bywoner te lewe nie, is almal sonder keuse bywoners in die geestelike sin. Ons is óf bywoners en ver van God af (Ef 2:19), óf ons is “bywoners en vreemdelinge” van die wêreld (1 Pet 2:11, Bybel in Afrikaans 1933/1953). Die een diskwalifiseer ons van die ander. ’n Burger van die wêreld is ’n vreemdeling by God en omgekeerd.
Daar is wel mense aan beide kante wat dubbele burgerskap wil hê. Daar is wêreldburgers wat graag hemelburgers wil wees, maar nie hulle wêreldburgerskap wil opgee nie. Hulle wil hemelburgers word, want hulle wil graag hemel toe gaan as hulle doodgaan, maar intussen wil hulle graag in beheer van hulle lewe bly. Hemelburgers wil wêreld burgerskap behou, want dis goed vir besigheid en help nogal met aanvaarding van die mense by die werk. Dubbele burgerskap is nie moontlik nie. God laat dit nie toe nie; die duiwel lyk of hy dit toelaat, maar dis slegs ’n bemarkingsfoefie.
Die skrywer van Hebreërs sê iets oor dubbele burgerskap in 13:13-14: “Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra. Want ons het hier geen blywende stand nie, maar ons soek die toekomstige” (Bybel in Afrikaans 1933/1953). Die uitnodiging aan kinders van God is om onbeskaamd by Jesus “buite die laer” te gaan staan, want ons behoort nie in die wêreld se laers nie. Ons behoort aan ’n ander en daardie vlag wapper nie op ons TV’s of aan hierdie wêreld se vlagpale nie.
Treffende boodskap baie dankie.
Hulle het na ‘n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. En God het vir hulle ‘n stad gereed gemaak. Heb.11 Dankie my Vader, ek sien uit, ek sien uit
Nou toe dan -koebaai Mossie