Christene in Noord-Korea verkeer in lewensgevaar

Foto verskaf deur Geopende Deure

Noord-Korea is een van die moeilikste en gevaarlikste plekke ter wêreld om ’n volgeling van Jesus te wees. Dié land is al sedert 2002 nommer een op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys, ’n jaarlikse ranglys van die 50 lande in die wêreld waar Christene die ergste vervolg word.

Christene in Noord-Korea trotseer uiterste vlakke van vervolging in verskeie areas van die lewe. Die staat beheer alles en enigeen wat hom teen die owerhede verset, staar ernstige gevolge in die gesig. Die verdrukkende regime leer inwoners om van jongs af op hul naaste familie en vriende te spioeneer sodat hulle geheime gelowiges kan identifiseer. Christene wat geïdentifiseer word, word na arbeidskampe gestuur of selfs doodgemaak.

’n Gevaarlike familiegeheim

Foto verskaf deur Geopende Deure

Kim Sang-Hwa is van kleins af geleer om op haar gesin te spioeneer en om hulle te verraai indien hulle die wet oortree. Toe dié twaalfjarige meisie egter haar ouers se geheime Bybel ontdek, het sy gekies om haar eie gevaarlike geloofsreis te begin. Kim het die geheime Kerk ontdek…

Kim het per ongeluk op die vreemde boek afgekom toe haar ouers nie tuis was nie. “Dit het glad nie soos enigiets gelyk wat ek al vantevore gesien het nie. Die taal het my belangstelling geprikkel en my nuuskierigheid het die oorhand gekry, maar toe besef ek skielik wat dit beteken.”

Sy het die eerste sin gelees: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” Sy was baie bang, want sy het dadelik geweet dat die boek onwettig is en indruis teen haar lojaliteit aan die staat. Sy het besef dat dit haar plig is om haar ouers te rapporteer en haar lojaliteit aan die staat eerste te stel.

In twee geskeur…

Kim het haar geheim weke lank bewaar terwyl sy in twee geskeur was oor wat haar te doen staan. “Ek het dit ernstig oorweeg om my ouers aan die owerhede te rapporteer. Op die ou end het ek egter my pa gekonfronteer en hom van my ontdekking vertel. Toe het hy die Bybel en die Evangelie aan my verduidelik,” sê sy.

Kim was salig onbewus dat haar pa heimlik bly was oor haar ontdekking, omdat hy al vyf jaar lank gebid het vir ’n geleentheid om die Evangelie met sy dogter te deel. Hy was opgewonde om haar van God se ewige liefde te vertel en haar te help om haar hart vir Jesus te gee. Toe sy hoor wat die Evangelie behels, het sy besluit om ’n nuwe lewe te begin en Jesus te volg.

Vertroue op God                             

Kim vertel dat Noord-Koreaanse Christene moes leer om volkome op God te vertrou. “Ons het geleer dat geheime gelowiges nie bang kan wees nie en alles aan die Here moet toevertrou. Net Hy kan ons sterk hou.

“Daarom is die ondersteuning van ons wêreldwye Christelike familie so belangrik. Julle verhoed dat die Kerk geestelik en fisies verhonger. Julle gebede en hulp sorg dat gelowiges kos, mediese hulp, klere, Bybels en opleiding ontvang.”

Kim woon nou as vlugteling buite Noord-Korea. Sy vertel: “Wat julle doen, is so belangrik vir geheime gelowiges se oorlewing. Danksy julle ondersteuning ervaar hulle God se liefde en dat Hy in al hul behoeftes sal voorsien.”

Help om lewens te verander

Jy kan ons help om meer mense soos Kim Sang-Hwa te ondersteun deur ’n geskenk van so min as R280 te gee. Jou bydrae sal help om Noord-Koreaanse gelowiges aan die lewe te hou met noodleniging en geestelike ondersteuning deur ons netwerke in China.

Jou steun en gebede herinner vervolgde Christene dat hulle nie hul eie probleme hoef te trotseer nie. Hulle word daaraan herinner dat gelowiges wêreldwyd hulle bystaan. As jy gelei voel om vandag ’n verskil te maak in die lewe van ’n geheime gelowige, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.