Gedagte vir die dag: Christengroei

Foto: pixabay.com

Julle moet in My bly en Ek in julle. (Johannes 15:4)

’n Geloof wat op Jesus gesentreer is, is lewend en tintelend. Jesus vra nie in die eerste plek jou trou aan ’n spesifieke godsdienstige kode nie, maar primêr aan Hom. Hy plaas ’n gewigtige premie op sy verhouding met jou en jou  persoonlike verhouding met Hom. As ons Hom eerste plaas, val alle ander dinge in hulle korrekte perspektief uiteen.

Die oningeligte sou kon dink dat so ’n onvoorwaardelike oorgawe alleen maar spreek van ’n oordosis vroomheid wat die lewe van sy daadkrag en opwinding sal beroof. Diesulkes het slegs ’n vae begrip van die Meester. Hy het gekom om lewe te skenk, en dit oorvloedig en ryk! Dit is die erfdeel van hulle in wie Hy bly, en wat op hulle beurt in Hom bly.

Here Jesus, kom woon deur u Heilige Gees in my en weerspieël Uself deur my lewe. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Von ·

Ps 139 se alles….dankie Here dat U my volkome liefhet dat U alles van my weet en altyd by my is

Cauin ·

Sollie was dan een vir seuns . Ek het vir CUM gese om sy boeke van die rak af te haal

Cauin ·

Kom , kom , kom , Ossie was dan n karaktwr nes Breytenbach van Grey . Ek het gese CUM moet sy boeke van die rak afhaal .

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen !

De Villiers ·

Ja Here, dankie dat U altyd die eerste tree na ons toe gee. Al wat U van ons vra is om die tree na U toe te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.