Gedagte vir die dag: Christus: Alles

reenboog-dor-landskap-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. (Kolossense 1:16-17)

Die Bybel gee ’n besondere hoë plek aan Christus, die “Woord” – die Logos. Hy is die Een deur wie en vir wie God alles gemaak het. Die Logos is die rede vir alles en die Logos hou alles bymekaar! Hy heers oor alle owerhede, magte en gesag. Die doel van die geskiedenis is om die sonde uit te roei en om alles weer onder Hom te verenig. Ja, dis ingewikkeld, maar dit herinner ons om nie net aan Christus te dink as Jesus van Nasaret nie. Nee, dis wat Hy geword het, 2 000 jaar gelede, maar voor en na dit was Hy al vir ewig God, vir ewig die kosmiese Christus. Verstaan jy dat God se plan oneindig groter is as ek en jy en ons probleempies?

Verstaan jy dat in Hom alles afgehandel en opgelos is – dat ek en jy reeds veilig is in sy plan? Dat niks kan keer dat alles goed by Hóm eindig nie? Vrees het in so ’n groot opset eenvoudig geen plek nie!

Ewige Christus, ek verstaan net ’n bietjie van u grootheid. Dit laat my klein voel – maar veilig in die wete dat ek in U altyd, altyd veilig is. Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie dat ek elke dag nog ietsie meer van U mag leer….U oneindige grootheid en almag ken geen perke nie…met my mens verstand kan ek dit nie inneem nie maar U laat my van dit sien …as ek om my kyk en ervaar en proe en hoor en geniet…Here dankie dankie dankie…niks hiervan verdien ek nie..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.