Gedagte vir die dag:  Christus bo alles   

paartjie_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wie op sy eie insig vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, word bevry. (Spreuke 28: 26)

Baie het al probeer bewys dat God nie bestaan nie, maar niemand het nog ooit geslaag nie, en baie het die Here God in werklikheid ontmoet terwyl hulle hul teorieë as waar probeer bewys het. Christene word byna daagliks platforms aangebied waarop hulle die waarheid kan verkondig, maar ons weier dikwels om voordeel daaruit te trek. Elke geleentheid wat deur ons vingers glip, kon die verskil gewees het tussen lewe en dood vir dié een van wie ons weggedraai het.

Wanneer jy gevra word om oor jou geloof in Christus te getuig, vra God om jou te help om gereed te wees om jou verlossingservaring en jou geloof in Christus Jesus te deel en om nie weg te draai nie. God sal aan jou die krag en die woorde gee sodat sy boodskap uitgedra sal word wanneer ons aan Hom onderdanig is.

Here, gee dat ons aktief betrokke sal wees in die verkondiging van die evangelie. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Ja mense word deesdae al hoe banger om vir God te getuig, se jy iets oor Jesus dan is die teenaanvallers vinnig op hul voete om jou te laat bewys waar is Hy dan dat Hy nie nou help nie. Gelukkig waarsku die Woord van God ons teen hulle, nou moet ons veg. Ek sal bly by my oortuiging dat die mens God eenkant toe gestoot het en so bitter graag modern wil en in tel wees. Hulle moet my maar aanval ek sal deur Genade sterk bly staan, God bestaan en doen nog steeds wonderwerke MAAR keer terug asb mense. God bestaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.