Gedagte vir die dag: Christus, die beeld

Kokerboomwoud van Nieuwoudtville. (Foto: Zebulon Ricardo.)

Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.  God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is. (Kolossense 1:15-16)

Ons gesels tans oor die belangrike dinge wat ons oor Jesus Christus moet weet. Volgens die Bybel kan geen mens God sien nie, want Hy is te heilig en verhewe. Dit wat mense ooit van Hom gesien het, was nie die essensie van God self nie, maar eerder sy “verskyning”, byvoorbeeld sy “heerlikheid” of selfs sy “engel”. Maar 2 000 jaar gelede het God egter verskyn as Jesus Christus, wat Paulus die sigbare “beeld van die onsigbare God” noem. Ons kan dus nie vir God sien nie, maar ons kan Christus sien, wat God volkome beliggaam. Wie Christus sien, sien God! Geen mens hoef dus verder na God te soek as hy Christus gevind het nie! Waarom sou hy? Christus is die volmaakte beeld (letterlik “ikoon”), die prent, die skildery van hoe God is! Ons het niks verder nodig nie. Vergeet van alle ander gelowe: God het onder ons kom woon en sy Naam was Jesus Christus. Leer Hóm ken en jy leer God ken!

Onsienlike en onmeetlike God, dankie dat U Uself kom wys het in Jesus Christus. Ek ken Christus – nou ken ek U! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.