Gedagte vir die dag: Christus, God en mens

Ek en die Vader is een. (Johannes 10:30)    

Die kenmerkendste eienskap van Jesus Christus is dat Hy “twee nature” het: “ten volle God”, maar ook “ten volle mens”. Die kerk het gestoei om te verstaan hoe dit kan wees (en dis steeds moeilik), maar het uiteindelik hierdie mooi bewoording geformuleer: Ons glo in een Here, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye, God uit God, Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader … (Belydenis van Nicea).

Daar was dus ’n God-mens en sy Naam was Jesus. Na sy mensheid is Hy 2 000 jaar gelede doodgemaak in Palestina, maar na sy Godheid leef Hy ewig by God en – deur sy Gees – ook by ons vandag. Na sy mensheid ken Hy ons kommer en probleme maar te goed, maar na sy Godheid kan Hy ons daarvan red en ons die ewige lewe skenk. Na sy mensheid en sy Godheid het Hy jou ontsettend lief!

Dankie, Here Jesus, dat U is wie U is. Dankie dat U ’n mens was net soos ek, maar dankie ook dat U God was wat my kan red. Dankie dat U my inderdaad gered hét! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

My mens verstand kan U nie in neem nie….dankie vir die Heilige Gees wat in my woon en my leer en lei in Gods Liefde…Amen

Waarnemer ·

Dankie Vader dat U aan my gedink het nog voor my geboorte en dat U vir my mens geword het en vir my sondes aan die kruis betaal het sodat ek U mag ken in my lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.