Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus. (Romeine 10:17)
Die lewe van Christus maak die Woord van God volledig. Christus maak die Skrif vir ons ’n werklikheid en bewys elke belofte wat God onthul het as waar. Wat meer is, die boodskap van Christus vorm jou persoonlike geloof en rig jou op jou lewenspad. As jy geloof, kennis en begrip van God wil hê, ken dan die boodskap van Christus volledig.
God is werklik en die geskiedenis wys na Christus heen as die Seun van God. Prys Hom! Dank Hom, want sy lewe is opgeteken en bekendgemaak. Hy het geweet watter woorde neergeskryf sou word. Hy het geweet jy sou hulle vandag lees.
God se kennis is oneindig. Sy liefde volmaak en altyd voorbereid. Die boodskap van Christus, van God, is vir jou neergeskryf.
Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Dankie heilige God vir U Woord dit is die waarheid en dit maak my vry in Jesus naam. Amen