Gedagte vir die dag: Christus Victor

kruis-in-die-see-korea

Foto: Hpuppet/Pixabay.com

God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. (Handelinge 2:24)

Ná ’n buitengewone lewe sterf Jesus aan die kruis. Dit was nie ’n nederlaag of laagtepunt nie, maar die hoogtepunt van sy bediening. Die Nuwe Testament herhaal oor en oor dat dit ’n oorwinning oor die Bose was. Die vroeë kerk het dit soos volg verstaan: Toe Jesus gesterf het, het Hy na die doderyk gegaan en al die “owerhede en magte” wat nie aan Hom gehoorsaam was nie gebind. Hy het die duiwel ook gebind en die sleutels van die dood en die doderyk van Hom afgevat. Daarna het Hy uit die dood opgestaan omdat geen dood of duiwel Hom kon keer nie. So het Hy ’n pad deur die dood oopgemaak waarop elkeen wat aan Hom behoort Hom ook, deur die dood, kan volg.

Die vroeë kerk het Jesus Christus Victor genoem – Christus, die Oorwinnaar. Verstaan jy dat jy – met jou klein lewe en klein probleme – vir ewig veilig is by só ’n geweldige Oorwinnaar? Waarom dan vrees?

Dankie, Jesus Christus, dat U oorwin het en dat U my meevoer in u oorwinning. Ook ek sal deur die dood na die lewe gaan! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

O Here met diepe dankbaarheid kom kniel ek by U voete…die lof die eer die aanbidding kom U toe …..U het die oorwinning behaal vir ewig en altyd my losgekoop…Amen