Gedagte vir die dag: Daar is altyd oplossings!

vrou_sonsondergang_dink_see_staar.jpg

Foto: stringsofsoulfulness.com

As my hartseer geweeg kon word en my moeilikheid op ’n skaal gesit word, sou dit swaarder weeg as al die sand van die see”. (Job 6:2-3a)

“Ai tog!” sê ek en my besigheidsvennote nou die dag vir mekaar. “Is daar dan altyd iewers ’n probleem wat opgelos moet word? Kan ons nie net een maklike ‘uitdaaglose’ week hê nie?” Klaarblyklik nie! En, besef ons opnuut, dis waarom ons as bestuur daar is: Om oplossings te vind vir probleme wat elke dag oor ons pad kom en om vreugde daarin te vind om dit te kry.

Dis waar die lekker ook lê: Om terug te kyk en te weet dat ’n mens ’n bepaalde probleem met goddelike wysheid kon oplos. Dat daar op die ou einde ’n beter eindproduk was. Dat jy en ander mense in die proses opnuut gegroei het, mekaar nog beter leer ken het … weer van God se genade bewus geraak het.

Probleme is nie daar om ons rûe te breek nie. Dis daar om aan ons die geleentheid te gee om dinge te ontleed, nuwe planne te maak, anders na oplossings te kyk, ondervinding op te doen … as mens ryper en sterker te word en ons elke keer ’n stukkie te groei.

Sien die probleme wat vandag voor jou deur staan as ’n geleentheid om saam met die Gees sterker en meer méns te word.

Vader, ek vind rus in die wete dat U en ek sáám alles kan doen.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bets Bothma ·

Wonderlike versekering dat ek EN God n probleem kan hanteer en oplos. Here, wees ons land genadig asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.