Wat ons betref, die Gees laat ons uitsien na dit waarop ons hoop: vryspraak deurdat ons glo. (Galasiërs 5:5)
In die eerste helfte van die 1900’s was daar twee bekende Joodse psigiaters in Wene. Die eerste was Sigmund Freud. Hy het geglo dat geloof ’n kinderagtige verbeeldingsvlug is wat ’n mens in ’n stadium moet ontgroei! Sy student Viktor Frankl het gehoop om in sy voetspore te volg, maar voor sy loopbaan momentum kon kry, breek die Tweede Wêreldoorlog uit. Frankl word saam met duisende ander Jode vier jaar lank in ’n onmenslike Nazi-konsentrasiekamp aangehou. In dié tyd verloor hy al sy familie en sien hy hoe honderde mense sterf: Baie sterf fisies. Ander leef. Maar sterf van binne.
In die bisarre oorlewingstryd van onmenslike omstandighede leer Frankl dat diegene wat oorleef het een ding in gemeen gehad het: Hoop! Hulle het – ondanks alles om hulle – nie hoop verloor nie en bly glo dat daar wel sin in die lewe is. Hulle het dus nie passiewe slagoffers gebly nie, maar mense vol hoop.
Daar ís sin in die lewe. Want daar is ’n God wat ín jou leef. In jou nóú. In jou áltyd.
Ek bou my lewe op die sin wat U gee.
Amen
om soos Frankl en Habakuk ten spyte van omstandighede te bly hoop is waarlik onwrikbare geloof in ons Here.
al sou :
die vyeboom nie bot nie
haglike gevangenis
wêreldwye Kovit
nogtans sal ek jubel
Dankie Here vir die HOOP in U en met U…..U het ons verseel…daar is niks wat ons kan skei van U liefde nie , U WOORD se so………Amen en Amen
Hoop..