Gedagte vir die dag: Daar sal ’n oplossing wees!

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Iemand wat kalm oor probleme praat se woorde maak heel. Vlymskerp woorde kan mense breek. (Spreuke 15:4, Die Boodskap)

Op ’n stadium het ons vir vier maande lank deur ’n regtig moeilike tyd by die werk gegaan: ’n Pyp het gebars en die hele kantoor het oorstroom. Ons moes al ons matte en feitlik al ons meubels afskryf. Kort daarna is telefoonkabels in die omgewing gesteel en intussen het Eskom sy kant op die probleemfront gebring deur aanhoudende kragonderbrekings! Om die kersie op die koek te plaas, tref weerlig een middag ons kantore en beskadig ons “server” en al ons rekenaars. Dit terwyl ons groot projekte gehad het om te doen! Ons was op vele terreine weke lank feitlik “gestrand” terwyl dit voel of krisisse aanhoudend oor ons spoel.

Nodeloos om te sê dat ’n mens later nogal in ’n toestand raak. Dat jy regtig begin wonder wat nou hier aan die gebeur is. Dat ’n mens twyfel of jy ooit weer normaal sal kan aangaan. Deur dit alles het my manlief my maar net elke dag daaraan herinner dat daar vir elke probleem wel ’n oplossing sal wees. En … daar was! Want God was daar!

Liewe mens, ek hoef nie vir jou te sê dat jy ook jou krisisse saam met jou Vader moet hanteer nie, of hoe? Jy weet mos dat jy en Hy saam elke berg sal oorkom.

Ek wil ophou om myself moeg te bekommer en vrede vind omdat ek weet: U blý my Vader.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Albertus ·

Lees gerus Jesaja 54:10. Meer as dit het niemand nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.