Gedagte vir die dag: Daardie klein jakkalsies     

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen. (Galasiërs 5:25) 

Dis so ironies: Heel dikwels kry ons dit reg om groot dinge met grasie en geduld te hanteer terwyl ons toelaat dat die klein jakkalsies ons lewenswingerde verniel! Dis asof ons daarop ingestel is om die moeiliker uitdagings met moed aan te pak en uit te sorteer en dan regtig nie lus is vir die klein irritasies nie. Ander kere weer kan ons heeldag al die probleme en mense by die werk met groot selfbeheersing hanteer en dan … verloor ons ons cool die oomblik wanneer ons by die huis instap.

Nou ja, toe God gesê het dat ons die vrug van die Gees moet leef, het Hy juis bedoel dat ons deurentyd, onder alle omstandighede en teenoor alle mense reg sal optree. En ons is slegs daartoe in staat wanneer die Gees in beheer van ons emosies, woorde en optrede is.

Bid vandag vir onverpoosde Gees-vervulling. Hy sal die stille. Krag wees wat ook jou klein jakkalsies onder beheer hou.

Vergewe my my swakhede en laat u Gees my lewe beheer. My héle lewe, Vader.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Afrikaner ·

Dankie, en ek kyk ook peinsend soos die vrou in die foto met ‘n koppie koffie in die hande oor die grasveld uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.