Gedagte vir die dag: Daarvoor het Ek gekom …

twee_mense_stap_sonsondergang_boekvat.jpg

Foto: jorgeschulz.wordpress.com

Toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” Jesus het egter geantwoord: “Ons moet ook nog verder gaan na die omliggende dorpe sodat Ek ook daar kan preek. Dit is immers waarvoor Ek gekom het.” (Markus 1:37, 38)

Dit word vroeg in Jesus se bediening duidelik dat dit nooit sy bedoeling was om die wêreld met mag en geweld van sy koningskap te oortuig nie. Telkens wanneer Hy die een of ander magsdaad uitgevoer het, het Hy Hom onttrek van die skare mense. Hy het nie gekom om ʼn groot vertoon te lewer nie. Hy het nie gekom om as ʼn heldefiguur vereer te word nie. Waarvoor hét Hy dan gekom? Hy het gekom om te preek.

Jesus het mense gesond gemaak en demone uitgedryf. Genesing, dit was vir Hom so belangrik. Hy wou ʼn stukkende skepping help heelmaak. Hy wou vir die wêreld wys dat God die gebrokenheid wat die sondeval meegebring het, wil herstel. Maar die herstel begin nie by gesonde liggame nie; dit begin by ʼn herstelde verhouding met God. Daarom sê Hy: Ek het gekom om te preek!

Wat wou Jesus preek? Ons het reeds gehoor wat sy intreepreek was: Bekeer julle en glo die evangelie. Kom net weer in die regte verhouding met God. Word genees deur die goeie nuus van verlossing aan te gryp.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nicolaas Muller ·

Dankie vir indrukwekkende boodskap.Goed om dag so te begin.

Caroline ·

Dankie Here dat ons U mag aanbid. Ek wens U was vandag nog saam met ons op die aarde maar besef tog dat U ons die taak oplê om U Naam groot te hou. Wees asb saam met ons in Genade. Amen

Teresa ·

Soveel kosbare waar woorde…en Hy het nie gekom om ‘n groot vertoon te lewer…
Laat mens wonder waarom is soveel groot vertoon dan nodig om mense te laat saamtrek of is dit waaraan die mensdom gewoond geraak het om “beweeg” te word…
Die groot vertoon maak my benoud, en emosies raak momenteel opgesweep en hopenlik in die regte rigting want ek het ook in die groot vertoon ‘n boodskap van veroordeling gehoor omtrent ‘n sekere groep mense. Gaan dit nie juis om Samehorigheid voor God by sulke saamtrekke en punt. Waarom word die lys van ander “sondes dan nie ook uitgeruk en dan kyk ons hoeveel bly nog staande voor hul aanvaarbaar toegelaat mag wees tot die “samehorigheid”..

ina ·

Dankie Here dat u daar is vir ons. Dankie vir die Hoop en die Liefde en U Groot Genade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.