Gedagte vir die dag: Dade bevestig woorde

Pa_seun_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.” (1 Samuel 24:7)

In ’n spelonk in die En-Gediwoestyn waar Dawid en sy manne skuil, kry hy die kans om Saul dood te maak toe die koning in die grot vertoef. Sy manskappe sien dit as ’n teken dat die Here Saul in sy hand gee. Dawid sny egter net die punt van Saul se mantel af. Maar sy gewete pla hom dat hy dit durf waag het om oneerbiedig teenoor die gesalfde van die Here op te tree. Hy hardloop agter Saul aan en verseker hom van sy lojaliteit.

Dawid gebruik nie net gerusstellende, sussende woorde om Saul te oortuig dat hy hom nie sal doodmaak nie. Die afgesnyde stuk mantel is die konkrete bewys van sy gesindheid.

Eeue later sê Jakobus presies dieselfde wanneer hy ons aanmoedig om ons geloof deur ons dade te toon. Gesindheid bly ’n mooi begrip totdat dit deur dade bevestig word.

Vandag het ons dikwels virtuele vriendskappe. Via so sialemedia-platforms kan ons ons vriende met goedgekose woorde verseker dat hulle spesiaal en belangrik is. Ons kan die lof van vriendskap en verhoudinge besing. Ons stuur dieselfde boodskap wat ons van iemand gekry het na tien ander vriendinne. Dikwels word hierdie mooiklinkende woorde egter nooit aan die werklikheid getoets nie.

Ons moet mekaar weer in die oë kyk en sê: Hier is ek. Wat kan ek vir jou doen?

Here, ek wil my liefde deur my dade wys. Amen

Bron: Die Here is my Herder deur Lizette Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Só belangrik

dat woorde met dade bevestig word.

indien moontlik……..sê niks DOEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.