Gedagte vir die dag: Geen groter liefde

Dam_wolke_sonsopkoms_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Joh 3:16)   

Alhoewel ons van nature God se liefde weerstaan, is dit wonderlik om te hoor dat Hy ons steeds liefhet. Iets in ons roep uit daarna. Ons wil nie sy liefde aanvaar nie, want ons wil nie sy heerskappy aanvaar nie. Tog weet ons dat sy liefde die enigste ding is wat ons siel kan genees. Gepraat van “teen die prikkels skop”!

Liefde gee, dit gryp nie. God het sy Seun gegee. Wat hierdie gawe so verstommend maak, is dat ons dit glad nie werd is nie. Ons verdien oordeel, nie liefde en genade nie. Tog gee God dit. Daar is geen groter liefde nie. Die groot vraag is nie hóé onwaardig ons is om hierdie liefde te ontvang nie, maar eerder wát ons met hierdie liefde maak.

Dink daaroor. Wat maak jy met God se liefde aan jou? Omhels jy dit of stoot jy dit weg? Net ʼn dwaas sal dit aanhou wegstoot. Moenie! Omhels die lewe!

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.