Gedagte vir die dag: Moenie die evangelie vlak kyk nie

Boom_Reint_Dykema_veld.jpg

Foto: Reint Dykema

“Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk? Dit is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en ’n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.” (Luk 13:18-19)

Die evangelie van Jesus Christus is dalk onsin vir dié wat verlore gaan (1 Kor. 1:18), maar dit is inderdaad ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Dit is dalk eenvoudig en klein, maar die resultaat daarvan is astronomies! Dit begin dalk klein en broos in ’n mens se lewe, maar dit groei tot die oorwinning van God oor die sonde en die vlees tot lafenis en lewe.

Die liggaam van Jesus het dalk met 12 dissipels begin, maar dit spoel oor die wêreld soos suurdeeg deur deeg trek. Mense maak dit dalk af, maar dit verower en verwoes die koninkryk van duisternis. Moenie die klein werkies van God gering ag nie. Dit het Goddelike vermoë om te verander en nuut te maak.

Dankie, Vader, vir elke plek in en om my lewe waar U betrokke is, hoe klein ook al. U “klein werkies” groei tot groot heerlikheid en krag. Dankie dat U met my werk.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.