Gedagte vir die dag:  Dag ná dag dra Hy ons     

pad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. (Psalm 68:20, Bybel In Afrikaans 1933/1953)

Hoe mooi motiveer Dawid nie sy lof aan God in hierdie vers nie! Hy noem twee redes waarom God geloof moet word:

  • God dra ons dag ná dag. Let wel, nie week ná week of jaar ná jaar nie – alhoewel die dae natuurlik weke en jare word. Jesus sê ons moet meer in die “vandag” leef – minder in die toekoms. Ons weet nie wat die toekoms inhou nie en dit is dus onsinnig om ons daaroor te bekommer. Vandag sal die Here jou egter dra.
  • God is ons heil. Die Bybel in Afrikaans 1983/1992 sê God is ons “hulp”, maar letterlik staan hier God is ons “verlossing” – wat die Bybel in Afrikaans 1933/1953 as “heil” vertaal. In die Ou Testament dui “heil” nie eintlik op die ewige lewe nie, maar op hierdie lewe. In hiérdie lewe red God ons uit vele probleme en seën Hy ons, fisies en geestelik, met uitkoms, met oplossings, met krag, met sy bystand. God se “heil” is baie praktiese uitkoms, hulp en seën. Loof Hom daaroor!

Here, U is my uitkoms, my hulp, my heil, my seën, my deel. Ek loof U daarvoor. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lena Jonk ·

Wat n blye versekering dat ons daagliks deur ons God gedra word, partykeer voel n mens so hulpeloos en moedeloos maar waar is n mooier gedagte ons het n God.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.