Gedagte vir die dag: Van dag tot dag

 bejaarde-paartjie-stap-stiltetyd-mabelamber.jpg

Foto: pixabay.com/MabelAmber

Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. (2 Korintiërs 4:16)

Christene moet weet dit is absoluut noodsaaklik om elke dag in gemeenskap met Jesus te lewe.

Die Here Jesus sal elke dag vanuit die hemel sy werk in my voortsit op die voorwaarde dat ek Hom elke dag die nodige tyd sal gee om sy liefde en genade in my uit te stort. Daaglikse tyd alleen saam met Jesus is die onmisbare voorwaarde waarop ek kan groei en sterk word.

Die Here sal ons leer presies hoe sagmoedig en nederig Hy is (Matt. 11:25-30). Kniel voor Hom neer en vertel Hom dat jy na Hom en sy liefde smag, en Hy sal sy liefde op jou laat rus.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here Jesus dankie vir U liefdevolle genade vir die voorreg om saam met U te wees by U voete te ontlaai…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.