Gedagte vir die dag: Die dag van die Here

 Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie. (Eksodus 20:8-10)

Het ons nie ’n kwaai kopseer oor die dag van die Here nie! Oor presies watter dag dit nou eintlik is, hoef ons nie regtig te stry nie. Natuurlik was dit in die Ou Testament die sewende dag wat op ’n Vrydagaand begin het. En heeltemal verstaanbaar word dit met die klem op Jesus se opstanding, die aanbreek van ’n nuwe dag vir die hele wêreld, verskuif na die eerste dag van die week, naamlik Sondag. Die saak waaroor dit egter wesenlik gaan, is hoe ’n mens dié dag moet deurbring om aan die eis van die gebod gehoorsaam te wees.

Die twee weergawes van die wet van die Here het ten opsigte van die vierde gebod twee motiverings. In die Eksodusweergawe van die wet word die skepping as motivering gebruik, terwyl die Deuteronomiumweergawe verlossing as motivering aandien. As ons dié twee motiewe in ons reaksie op dié wet kan handhaaf, sal ons die bedoeling daarvan snap en gehoorsaam.

God het in sy skeppingsplan die noodsaaklike balans tussen arbeid en rus ingebou. Hy het self vir ons die voorbeeld ge stel. Die rus waaroor dit gaan, het met meer as ’n liggaamlike en emosionele afskakel te make. Dit gaan oor ’n rus van jou werke sodat jy toegerus kan word om God se werktuig te kan wees. Dus meer as fisiese ontspanning (see en son en saffier!), maar veral geestelike toerusting sáám met liggaamlike rus. En in die fokuspunt moet die eer en verheerliking van God wees.

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frans ·

Psm 89:35 sê die Here: Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.
Dit beteken dat die Sabbat altyd (vir ewig. Sien einde van Jesaja) op die Saterdag sal bly. Nêrens in die Bybel staan dit dat die Sabbat na Sondag verskuif is nie want die Here verander nooit. Heb 4:8 vertel ons dat daar nie van ń ander dag gespreek word nie. Die Sabbat is deur die Here vir ons gegee om Hom te erken dat Hy die Skepper is. Openbaring 13:3 sê: En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan. In Openbaring 12:17 praat die Bybel van hulle wat die gebooie onderhou. Baie mense sê vandag dat die gebooie aan die kruis genael is, maar hulle bedoel net die vierde gebod want die ander is steeds geldig. God sou nooit die gebooie met Sy vinger in klip skryf om dit later te verander nie. Mense sê ook dat jy God elke dag moet dien, wat wel reg is, maar net die Sabbat is geheilig deur God en op daardie dag mag jy nie koop of verkoop nie. Dit is spesiaal, ń dag om saam met die Here te spandeer. Groete

Eish ·

Amen Frans, amen!
Die grootste verleiding deur die Katolieke kerk en ons kom dit nie eens agter nie. Hul erken dit ruiterlik dat hul sonder Bybelse regverdiging geskuif het. Ewig is dit voorwaar! Yeshua het ook nie op die Sondag opgestaan nie. Hy het gesê Hy sal drie dae en drie nagte in die graf wees. Die Een wat tyd geskep het bedoel 72 uur wanneer Hy so sè. Hy is op die Pasga gearresteer nadat hy dit saam met Sy dissipels gevier het, die aand en die volgende dag, dit was Woensdag, gekruisig. Die Donderdag was n addisionele Sabbat, die eerste dag van die fees van ongesuurde brode. Drie dae later is die Sabbat, Saterdagmiddag laat, voor sonsondergang het Hy opgestaan, 72 uur, soos Hy belowe het. Shabbat is steeds Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Die vierde gebod is die toetsgebod. Ewig, steeds geldend. Maar soos die profesie tereg sê in Daniel 7:25, ” … en hy sal probeer om tye en wet te verander,”
Die hele kwessie oor die besnydenis wat afgeskaf is het Paulus genoop om na Jesrusalem af te gaan vir n vergadering met die dissipels. Wat n duidelike aanduiding sou ons nie uit die Woord ontvang het indien die Sabbat wel geskuif is nie? Hoekom sal ons wette ontvang net om later ongedaan gemaak te word?
Dis die misleiding , Yeshua het die Sabbat gehou, sy dissipels het dit gehou en nooit opdrag gegee dit moet verander nie!

Eish ·

Die verandering het plaasgevind by die beraad van Nicea in die jaar 325NC. Deur Konstantyn, die keiser het die Sabbat geskuif na Sondag, die eerbiedwaardige dag van die son. Hy was n sonaanbidder in murg en been.
Ons dwaal soos skape sonder n herder!

BG ·

Jesus het gekom en alles nuut gemaak. Ons moet net die Gebooie onderhou en dit is .Jy moet die HERE jou GOD lief he met jou hele Hart met jou hele Verstand en met al jou krag. En Wat daarmee gelyk staan is.Dat jy jou naaste moet lief he soos jou self.

Frans ·

BG dit wat jy noem is net ń opsomming van die wet. Die eerste 4 gebooie is jou liefde vir God endie laaste 6 is vir jou naaste. Rom 13:10 sê die liefde is die vervulling van die wet. Kyk na Mat. 5:18-19 waar Jesus sê dat nie een jota of titteltjie van die wet ooit sal verbygaan voordat alles gebeur het nie en dat elkeen wat een van die minste van hierdie gebooie breek die minste genoem sal word in die koningkryk van die hemele. Sien ook 1Joh 5:3 en 2:3-4 Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.