Gedagte vir die dag: Die dag van sy wederkoms

Foto: Reint Dykema

Wie kan standhou wanneer Hy verskyn? (Maleagi 3:2)

Jesus se eerste koms was stil. Maar selfs toe was daar min wat die toets geslaag het. Dié wat beweer het dat hulle op hul Verlosser wag, het gewys hoe leeg hul oortuigings was. Hulle het Hom verwerp toe Hy gekom het.

Hoe sal sy wederkoms wees? Kan enige sondaar dit verduur om daaraan te dink? Sy dood het die aarde geskud en die hemel donker laat word. Hoe sal die dag wees wanneer die Verlosser die lewendes én die dooies voor Hom roep? Nie een van sy vyande sal in staat wees om die storm van sy woede te weerstaan nie. Tog sien sy geliefde met vreugde uit na sy koms. Laat ons onsself ondersoek en onsself verseker van ons plek onder sy mense sodat ons nie in die minste bekommerd sal wees oor sy wederkoms nie.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Celtis Africana ·

Mag ons die genade ontvang om in die eerste opstanding met Sy wederkoms deel te wees.

Oop oge ·

Die Skrif sê dat Hy sal kom (in Sy Gees, nadat Sy laaste profeet Hom geopenbaar het) om Sy Bruid gereed te maak, dan saam met haar vertrek na Sy Huis (wegraping) en niemand sal dit eers weet totdat alle oordele op die mensdom losgelaat word nie….dan sal hulle uitroep “moes daar nie n profeet gekom het nie …”

Wegraping ·

Oop Oge & SJ Schoeman; ek kry nerens in die Bybel waar daar verwys word na ‘n ‘wegraping’/’rapture’ nie. Kan julle asseblief vir ons die Bybelversies aanhaal wat daarna verwys? Dankie.

SNEL ·

Wegraping of rapture word nie in die Bybel as sulks genoem nie, maar dis die woord wat gebruik word om die gebeure te beskryf as die grafte gaan oopbreek en die wat dood was gaan opvaar en die wat lewend is gaan opvaar. (1 Thess 4:15-16) Wederkoms; as Jesus weer gaan kom, Wegraping (een woord) wat Christene gebruik om dit te beskryf wat gaan gebeur met die wederkoms. In Latyn beteken rapio caught up, en dis waar dit kom dat ons van rapture en wegraping praat. As ek reg is word die Drie Eenheid ook nie so geskryf in die Bybel nie, maar dis hoe ons praat van die Vader, Seun en Heilige Gees. Daar is woorde wat nie in die Bybel staan nie wat ons gebruik om een woord te vat wat vir n hele lang sin betekenis gee, maar dit verander niks aan die inhoud van God se Woord of ons geloof nie.

Wegraping ·

SNEL; dankie vir die terugvoer. Daar gaan slegs EEN wederkoms wees; niemand gaan ‘geheimsinnig en geluidloos opvaar’ na die hemel toe nie; niemand gaan die groot verdrukking gespaar word nie. Die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aardsengel en met geklank van die basuin van God. Dit dui beslis daarop dat die koms van die Here in die openbaar en hoorbaar sal wees. Christus se wederkoms sal duidelik sigbaar wees (Op 1:7). Gelowiges kan hulle maar gereedmaak om die groot verdrukking kort voor die [enigste] wederkoms van Christus deur te staan. Dié tydperk sal dan juis ter wille van die uitverkorenes verkort word (vgl. Mt 24:22) en groot, groot dele van die Bybel (onder andere Openbaring) se bedoeling is juis om ons aan te spoor om in die geloof te volhard ten spyte daarvan.

SJ Schoeman ·

Dan is daar onder kerke nog n gestry of daar n wegraping sal wees aldan nie…..

Lena Jonk ·

Jesus wat n blye dag sal dit nie wees as U kom nie. Dan hoef ons nie meer die stryd te voer tussen die ongelowiges nie. Ons is almal sondaars, maar dankie vir die Genade dat U vir ons omgee.

SNEL ·

Wegraping, net as ek dink ek weet hoe alles in mekaar gaan pas met die laaste dae, dan wonder ek weer of ek dit reg het. Wat jy sê is 100%, ons gaan beslis n moeilike en swaar tyd ingaan voor die wederkoms. Ons moet Daniel en Openbaring saam lees om te verstaan hoe dit gaan werk. Goed om te weet, maar as ons vandag sterf, is dit te laat om na tekens te kyk of te weet hoe dinge gaan werk, dan gaan ons dit maar net sien afspeel, ons moet elke dag gereed wees. Daar is n 1ste koms/wegraping (Dan7:13 en Open1:7), dan volg 7jaar verdrukkingstydperk (ek is nie seker, maar ek dink hier kom die seëls, trompette en basuine in en die 2 getuienisse wat vermoor word, maar na 3 en n halwe dae weer opstaan in), dan is dit die 2de koms van die Here en slag van Armageddon Open 16:15, waar Satan gebind word vir 1000 jaar, daarna 1000jaar vrederyk waar gelowiges saam met Christus heers, Satan word na die 1000jaar losgemaak en finaal verslaan en in hel gewerp, dan volg laaste oordeel oor ongelowiges en hul pad na hul eindbestemming toe, poel vuur, dan Nuwe hemel en nuwe aarde, ewigheid saam met God. Ek kan verkeerd wees, maar dis hoe ek dit verstaan.

Oop oge ·

…hoeveel mense het geweet van Elia se wegraping, behalwe Elisha?
Hoeveel mense het geweet van die Here Jesus se hemelvaart (wegraping), behalwe Sy dissipels?
Hoeveel mense gaan weet die Bruid het die aarde verlaat waneer Christus Sy Bruid kom haal ?

Onthou, die mensdom bestaan uit ;
1. egte gelowiges (gevul met God se Gees – afstammelinge van God),
2. skynheiliges (vorm van Godsdiens gebaseer op die ware Woord)
3. godloënaars…sonder die ware God

Net God self kan Sy Woord interpreteer en Hy doen dit dmv fisiese manifistasie, daarom het Hy vir Moses gestuur en daarna toe by Homself gesweer dat in die laaste dae sal Hy weer n profeet soos Moses stuur om Sy volk uit Babilon (Egipte) te verwyder.

Die moderne mens se verwaandheid sal meebring dat al hierdie dinge (in eenvoud) sal plaasvind en net diegene wat n oor het om te luister en n geestelike oog het om te sien, sal Christus herken as Hy aan hulle verskyn.

Wegraping ·

SNEL; Voorstanders van die geloof in die “wegraping” is almal “Chiliaste” – hulle glo dat die Here Jesus teen die einde van die tyd letterlik vir ‘n duisend jaar hier op die aarde saam met sy ware gelowiges sal regeer. Hoewel daar ‘n groot variasie van opvattings onder hulle voorkom, dink diesulkes almal dat daar meer as een wederkoms sal plaasvind waarvan die “wegraping” die eerste sal wees. By dié geleentheid, glo hulle (veral met ‘n beroep op 1 Ts 4: 16-17), sal die ware gelowiges skielik van die aarde af “weggeraap” en by die Here gevoeg word in die lug. Dikwels word ook dramatiese voorstellings aan die “wegraping” verbind, soos dat ‘n mens se familielede sommer net skielik sal verdwyn… Hulle is dan met die Here in die hemel. Daarna volg die tydperk van die “groot verdrukking” en die heerskappy van die antichris op die aarde (wat die ware gelowiges dus gespaar bly). Ná ‘n vasgestelde tydperk (sommige sê sewe jaar) kom die Here Jesus dan weer met dié heiliges af aarde toe om vir duisend jaar saam met die heiliges hier op die aarde in ‘n vrederyk te regeer. Wat sê die Bybel, onder andere in 1 Ts 4:13-18, nou werklik? Ons laat ons lei deur William Hendriksen in sy boek Die Hiernamaals, bladsy 168-169. Vervolg…

Wegraping ·

… Wat sê die Bybel, onder andere in 1 Ts 4:13-18, nou werklik? Ons laat ons lei deur William Hendriksen in sy boek Die Hiernamaals, bladsy 168-169.
1 Ts 4:13-18 beskryf eenvoudig wat sal plaasvind by die enigste wederkoms van Christus. Die Thessalonicense het verwag dat die Here sommer in hulle tyd weer sou kom en was besorg oor hulle dierbares wat reeds gesterf het: sou hulle nie dalk oor die hoof gesien word as die Here kom om ons weg te neem nie? Die apostel se antwoord kom hierop neer: “Moenie bekommerd wees oor julle dierbares in die Here wat alreeds gesterf het nie. In geen opsig sal hulle enige skade ly wanneer Jesus weer kom nie. Inteendeel, dié wat nog op aarde lewe, sal ‘n oomblik moet wag totdat die Here die gelowige ontslapenes opgewek en hulle siele herenig is met hulle liggame. Gedurende daardie oomblik van wag, sal die oorblywendes in ‘n oogwink verander word. Dan, soos EEN groot skare, sal hulle wat tevore die twee groepe uitgemaak het, GESAMENTLIK uitgaan om die Here te ontmoet sodat ons almal saam altyd by die Here kan wees”. Chiliaste lig die “wegvoer”-gedagte, wat einlik maar net wil sê dat ons almal by die (enigste) wederkoms met die Here herenig sal word, uit as ‘n dramatiese gebeure (lank) vóór die (finale) wederkoms. Dit is nie die gedagte wat in die teks beklemtoon word nie.

Sandra ·

SNEL dit is ook hoe ek dit verstaan. Ek dink baie aan die gelykenis van die 10 maagde waarvan slegs 5 verstaan het en wyse besluite geneem het ivm Sy koms.

SNEL ·

Ope oge, elle lange ding vir jou getik, Maroela lyk my wil dit nie plaas nie. Lees Openbaring 1:7, ELKE oog sal sien. Handelinge 2:17 en 2 Tess 2, ek weet nie van n profeet in die laaste dae (kan dit gemis het of verkeerd wees of praat jy van Maleagi 4:6 dat Elia gaan kom Matt 17:12), die antichris gaan wel verskyn en kinders wat gesigte gaan sien, ou mense drome gaan hê. Dan ja, wat jy praat van die tipes mense, 2 Tim 3 sê in die laaste dae gaan hulle n gedaante van godsaligheid hê, maar die krag daarvan verloor het. Joh 16:13 sê ons word gelei deur die Heilige Gees, so die Heilige Gees interpreteer die Woord van God vir ons dat ons dit verstaan.

Oop oge ·

Snel,
Inderdaad hou Maliagie 4:5,6 direk verband met die openbaarmaking van al die geheimenisse in Openbaring. Slegs n God gestuurde profeet kan (en het alreeds in ons tyd) daardie rol vervul. Daardie openbaarmaking is terselfdertyd ook die bekendstelling van Christus aan Sy Bruid, soos wat Johannes die doper die vervulling van Maliagi. 3 was en ten doel gehad het.

Net soos wat Moses die Kinders uit Egipteland gelei het – met baie jare se swoeg in die woestyn , het hy hulle uiteindelik bekendgestel aan die Beloofte land, wat deur Joshua vervul is….so sal daar weer dan ook n profeet na vore kom in ons tyd, om die Beloofde land (Christus) aan Sy Bruid voor te stel.

Net soos wat Jesus verwerp en gekruisig was, sal hierdie profeet met Sy Boodskap (Jesus Christus) weer gekruisig en verwerp word en net voordat alle hel op hierdie aarde gaan los bars, verdwyn Jesus met Sy Bruid (hulle is Een), soos met die hemelvaart.

Jesus het nooit gesê Hy gaan weer in die vlees verskyn nie, maar Hy het wel beloof, dat Hy in en met Haar – Sy Bruid – sal wees met Sy wederkoms en finale hemelvaart.

…en ja, elke oog sal Hom sien…in die vorm van Sy Bruid en dis waar elke (oog) se toets gaan lê.

Nikki ·

Het julle geweet dat met die wegraping gaan die mense wat gered is Jesus hoor roep en die wat nie gered is sal net donderweer hoor? Openb 4:1

Cynthia ·

Lees Matt 13 : 36 – 43
Verklaring van die gelykenis van die onkruid.
Ook Matt 13 : 49
Hierdie was Jesus se eie woorde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.