Gedagte vir die dag:  Die dag van verlossing

 koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dié wat die oes insamel, ontvang vergoeding: Die vrug wat hulle insamel, is mense wat die ewige lewe beërf. So is hulle wat saai en hulle wat die oes insamel, saam bly. (Johannes 4:36)

Stel jou hierdie prentjie voor: ’n Sondaar kniel en bid die gebed van verlossing. Skielik bars die ganse hemel los met ’n vreugdevolle gejuig en harde sang. Nog ’n man is wedergebore! Nog ’n naam verskyn in die Boek van die Lewe.

Jesus het gesê Hy het gekom om sy Vader se werk te voltooi. Hy vra ons om Hom te help met die insameling van die oes. Hy sê een sal saai en ’n ander sal maai. Ons sal nie altyd die een wees wat ’n persoon tot redding lei nie, maar ons kan iemand wees wat help om die weg voor te berei, deur die voorbeeld wat ons stel, die liefde wat ons wys, die gebede wat ons bid.

Mense is desperaat vir Jesus. Hulle het versekering nodig dat daar ’n beter plek en ’n beter manier van leef is hier op aarde. Jeremia 8:20 sê: “Die oes is af en die somer is verby: tog is ons nog nie gered nie.”

Nou is die dae van verlossing; die oes is gereed. Ons het almal ’n rol te speel in die insameling van die oes.

Vader, dankie vir die kosbare geskenk van verlossing. Ek wil ’n deelgenoot van die oestyd wees. Moenie dat ek ’n geleentheid om u liefde met ander te deel, laat verbygaan nie. Lei my en versterk my om my oë oop te hou vir die verlorenes en dié wat seer het. Gee vir my die regte woorde en hou my op my knieë vir dié wat nog nie gered is nie. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Piper ·

1 Johannes 5;5 “Wie anders is dit wat die wereld oorwin, as hy wat glo dat Jesus die seun van God is ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.