Gedagte vir die dag: Vol hoop

Vrou_arms_uitgestrek_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. (Romeine 15:13)

Jou omstandighede laat jou dalk in wanhoop versink, maar my magtige hand kan jou daaruit haal. Dit is slegs jou hoop op My wat dié dinge kan oorwin wat jou so oorweldig laat voel. Jy sien dalk nie ’n uitweg nie, maar wees verseker dat Ek een sal voorsien. Luister na my stil, sagte stem wat jou sal verseker dat Ek in staat is om die onmoontlike te doen.

Jy kan dalk in die versoeking kom om jou hoop te vestig op jouself, ander mense of enigiets anders, maar jy moet die begeerte weerstaan om te leef op grond van wat jy kan sien. Ek het vir jou my Gees gegee om jou te leer, voor te berei, te bekragtig en toe te rus vir alles wat jou geloof uitdaag. Weet dat Ek jou die energie en krag sal gee om meer as ’n oorwinnaar te wees. As jy net na My luister en aan My gehoorsaam is, sal jy sien hoe hoop ’n werklikheid word in jou lewe. EK IS die God van hoop. Laat Ek jou tot oorlopens toe vul sodat jy vrede en vreugde kan hê midde-in pyn en smart en beproewings en teëstand – hoop in My is al wat jy nodig het.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bernie ·

Vader, U weet wat tans besig is om te gebeur maar ek loof U vanoggend vir hierdie woord. Terwyl ek voel asof ek soos Job in sak en as is, gee U vir my hierdie spesifieke boodskap van hoop. Ek voel skaam Here, dat ek ook gevoel het dat ek my eie sake kan reel en vergeet dat U ‘n Vader is wat Sy kinders liefhet en ons wil help. Vergewe my Here. In Ps 37 staan daar ook dat as ons val, tel U ons op. Ek loof U vanoggend daarvoor Here, al is ons probleem nog nie opgelos nie, U hier is vir my. Ek loof en eer U. Dankie Jesus!

Muis ·

O Heer dankie dat ek as sondige mens my probleme vir U kan gee en weet dat U my nooit sal versaak nie, dankie dat ek kan bid, dat ek kan vra en dat ek mag Glo!! Ek bid dit in U Naam alleen U is Groot O Heer en U sien dat U volk swaarkry maar ek Glo en Bid dat U ons sal deurtrek en ons geloof net sterker maak. AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.