Gedagte vir die dag: Dagbreek met God

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag. (Psalm 5:4)

Hoe heerlik is die oggende nie! Die hedendaagse mens het die natuurlike dag-en-nag-ritme verloor. Elektrisiteit stel ons in staat om die ligte helder te laat brand tot elfuur die nag. Dit maak dat ons laat gaan slaap en laat opstaan. Toe mense nog op die son se ritme ingestel was, het hulle heelwat vroeër gaan slaap en vroeër opgestaan. Die ou mense het feitlik elke oggend die son sien opkom, terwyl die moderne mens daardie daaglikse wonderwerk skaars ken.

Oggende is egter die beste tyd van die dag: Die lug is vars en fris, die kleure dieper en helderder en die voëltjies vrolik en bedrywig. Die eerste koffie behoort buite gedrink te word! Dan is die oggende ook ideaal om die Woord te lees en met God te praat. Dis nie verniet dat die gewildste oomblikke vir stiltyd in die oggend is nie – ook Jesus het dikwels vroeg opgestaan om met God te praat. Kom ons ontdek die oggende weer en maak die Here deel van ’n heerlike tydjie!

Wonderlike Skepper, nêrens is ek nader aan U en aan u skepping as in die vars oggende nie. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan Aucamp ·

Dit is inderdaad die geval. Aanbid Elohim in die oggend en loop die dag saam met YHWH.
Hy is die enigste en ware God.

susan ·

Halleluja prys Jehovah onse grote almagtige ewige vader-begin die dag met dankbaarheid en n lied in jou hart tot ons GROTE ALMAGTIDE LEWENDE GOD>

Heksie ·

dankie Here dat ek elke dag die lig mag aanskou, gesond en my dagtaak kan uitvoer. Hou my onder U bloed elke dag, elke tree wat ek gee dat dit nooit sonder U sal wees nie.

Heksie ·

dankie Here, dat ek elke dag U lig mag aanskou. Dat ek gesond is om my dagtaak te kan verrig.

Hou my onder U bloed elke dag

Genieve ·

Amen dankie Here dat wanneer ons in die oggende met U praat dan luister U.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.