Gedagte vir die dag: Dankbaarheid maak deure oop

 bid_hande_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

“Vader, Ek dank U dat U My verhoor het” (Lukas 11:41)

Jesus leer ons soms dinge wat aanvanklik klink asof dit op ’n groot teenstrydigheid berus. Sterf om te kan lewe; min wees om belangrik te word; om jou vyande lief te hê …

En op minstens twee plekke in die Evangelies lees ons hoe Hy in sy desperaatheid nie smeek nie, ook nie om hulp roep nie. Hoe Hy eerder dankie sê.

Ons lees in Lukas 11 oor Lasarus, die broer van Marta en Maria; mense vir wie Jesus baie lief was. Lasarus het baie siek geword, en gesterf. Jesus het nie dadelik na hom en sy mense toe gegaan nie, en die twee susters het Hom daaroor verwyt.

Toe Jesus uiteindelik in Betanië by Lasarus se graf kom, het Hy saam met hulle gehuil oor die man wat al vier dae lank dood was. Ons lees hoe Jesus beveel dat die klip voor Lasarus se graf weggerol word.

Dan sê Hy: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het” (Luk 11:41). So konfronteer Jesus hierdie hartseer, hopelose situasie met ’n hart vol dankbaarheid.

Lasarus staan toe uit die dood op, en die omstanders kry die geleentheid om die openbaring van God se mag te sien en tot geloof te kom.

In Lukas 22 lees ons oor Jesus se laaste oomblikke op aarde. Dit was ’n angsvolle tyd, ook omdat Hy geweet het wat vir Hom voorlê.

Vir oulaas eet Hy en sy dissipels saam. Hy deel brood en wyn uit, en dank God.

Voordat Hy gekruisig is en die hele wêreld sodoende in die reddende, verlossende, liefdevolle teenwoordigheid van God ingetrek is, het Jesus ’n dankgebed gedoen.

Laat ons dus vashou aan hierdie teenstrydigheid wat Jesus se optrede ons leer: om in desperate, hoop-lose oomblikke nie net te smeek en om hulp te roep nie. Maar ook dankie te sê.

Jesus, dankie dat U ons oor dankbaarheid in swaar tye leer. En oor hoe dit dikwels op ’n wonderwerk uitloop.

Bron:
100 dae van dankbaarheid deur Francine Prins
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GL ·

Dankie Heer dat ons opnuut kan besef dat U altyd daar is vir ons. Amen.

piet ·

Here vanoggend kan ek getuig dat daar wonderwerke in nood gebeur en wil ek U daarvoor bedank dankie dat ek in u kan glo

humor ·

Dankie Here dat U in die moeilikste tye van rou, smart, verbystering, die ervaring van toekomsloosheid en twyfel my nog altyd staande laat bly het en dat ek nog steeds glo dat U vir my VADER is en die toekoms nie vir my sonder hoop is nie.

christine ·

Dankie Heer dat U ons nooit alleen en verlate laat nie, dankie vir elke klein en groot ervarings in ons lewens, dankie dat U saam met my is in hierdie moeilike tyd van my lewe en ek weet U dra my daar waar ek nie meer kan loop nie.AMEN

HouHoop ·

Dankie Vader, vir u wonderlike genade en liefde. Dat ons mag weet dat selfs al kry ons swaar of gaan ons deur donker dae, liewe Jesus se lig dit oorwin het ook vir ons en ons ons by hom mag skaar en dankbaar daarvoor mag wees. Amen.

Hein ·

Goeiedag kan u asb net die Stiltetyd van 26 Augustus 2019 ook plaas asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.