Gedagte vir die dag: Dapper liefde

liefde-hout-hart

Foto: Ben_Kerckx/Pixabay.com

Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. (1 Korintiërs 13:4-5)

Paulus se beskrywing van die liefde begin by ’n besluit. As volgelinge van Jesus is een van die kragtige, daaglikse wonderwerke dat ons in staat is om mense lief te hê, of ons nou lus voel om dit te doen of nie.

Jy kan kies om iemand lief te hê deur die bewyse van wat hy of sy aan jou gedoen het, op te skeur sodat jy dit nie meer teen die persoon kan gebruik in die hof, in ’n gesprek of in die slapelose ure van die nag nie. Natuurlik is jy nie onnosel nie. Jy het ’n verstand wat herinneringe bêre en jy sal nie noodwendig ooit vergeet hoe daar teen jou gesondig is nie. Maar jy kan kies om nie daardie herinnering oor en oor te speel soos ’n geliefkoosde fliek nie.

Jy kan ook kies om iemand lief te hê deur nie jouself altyd te verdedig en te beskerm nie. Kies om liewer ’n aanvallende posisie te speel, nie ’n verdedigende posisie nie. Maak ’n dapper skuif na iemand toe. Klim in, nog voor die persoon weet wat haar getref het. Vang haar onkant – verras haar – betoon eerste liefde aan haar.

Watter liefdesbesluite moet jy vandag maak?

Jesus, herinner my gereeld daaraan dat ek altyd maar net een besluit daarvan weg is om iemand lief te hê. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lena Jonk ·

Ja mens probeer partykeer baie hard en bid ook om net altyd te probeer manierlik en met liefde en respek iemand te beantwoord maar party mense is soos klippe wil net altyd op die oorlogspad gaan, dan voel dit al se jy niks om die swaard uit te haal. Dankie vir baie Genade ons Hemelse Vader vir ons sondige mensdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.