Gedagte vir die dag: Depressie

uitgestrekte_hand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. (Psalm 139:12, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Jesus verstaan hoe dit voel as dit donker word in jou siel. Wanneer alles om jou so donker is, is dit moeilik om enigsins hoop te hê. Maar die donkerte van depressie hoef nie die lig van God se genesing uit te blok nie. Roep na Hom wanneer dit voel of jy verdwaal in jou depressie. Hy sal hoor en jou vertroos, en Hy sal vir jou genesing bring. Hy sal jou nooit laat gaan nie. Wanneer die tyd vir God reg is, sal jy sterker word en uiteindelik ’n seën kan wees vir ander in nood.

Voel jy dat jou depressie keer dat jy God se seën ervaar? Wat moet gebeur vir sy lig om in jou donkerte te begin skyn?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie genadige Vader dat U by die stukkende en gebroke mens is..tot in alle ewigheid…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.