Gedagte vir die dag: Deur die gees gelei

sonsondergang_mense_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders. (Romeine 8:14)

Die waarheid dat die Gees van God ons lei, is een van die belangrikste werke van die Gees wat Jesus self beklemtoon het toe Hy beloof het om Iemand te stuur om vir altyd by ons te wees. Een van die groot redes vir die groei van die vroeë kerk was dat hulle deur die Gees gelei is.

Daar is dus ’n direkte verband tussen die diepte van ons toewyding en die leiding van die Gees. Deur gebed en Bybelstudie sal jy al hoe meer sensitief word vir leiding van die Heilige Gees. Die Gees sal jou weglei van alles wat skadelik is vir jou verhouding met God.

Heilige Gees van God, lei my tot volle gehoorsaamheid en toewyding aan die Vader. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Retha ·

Baie dankie Maroela Media dat jul ook tyd maak vir die Geestelike Welsyn. Ek geniet jul Gedagte vir die dag baie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.