Die antwoord is altyd Jesus

Foto: Pixabay

Dit is die begin van die jaar, alles is nuut en vreemd en binne jou is daar baie vrae oor al die onbekende dinge waarmee jy nog hierdie jaar te doen gaan kry.

  • Gaan ek my skoolwerk kan baasraak?
  • Ek het laas jaar Wiskunde net-net deurgekom, hoe gaan ek dit hierdie jaar regkry?
  • Hoe maak ek nuwe vriende?
  • Hoe handhaaf ek ʼn gesonde balans tussen akademie, vriende en oefening?
  • Hoe hanteer ek konflik met my ouers?

Soveel vrae maal in jou kop. Jy is nie alleen nie: almal om jou wonder oor dieselfde dinge en is maar eintlik ook skrikkerig vir die onbekende. Selfs die grootste rugbyheld sal sy bedenkinge hê oor wat die jaar mag oplewer.

Die hartseer waarheid is dat ons geneig is om weg te beweeg van God sodra ons voel dinge raak moeilik om ons. Dit is in ons mens se aard om weg te hardloop; Adam en Eva het dit ook gedoen – dit is dus nie ʼn nuwe tendens nie.

Die antwoord op al die vrae wat jou so kwel is Jesus!

Maak tyd vir Jesus, kies ʼn tyd van die dag wanneer jy weet daar nie ander afleidings sal wees nie en spandeer tyd met jou Bybel, onderstreep dit wat vir jou belangrik is en sorg dat jy elke dag sterker geestelik groei.

ʼn Wenk is om dagboek te hou van alles waaroor jy met Jesus gesels en wat jou hart wil hê. Soms as ʼn mens weer terugblaai, sien jy hoe sekere probleme ewe skielik klein lyk en hoeveel groter die geskenke was as waarvoor jy gevra het. Die oomblik wanneer jy by Jesus se voete kom sit, word dit wat jou pla in perspektief geplaas en ontvang jy die nodige krag om alles in jou lewe te kan hanteer.

Die oomblik wanneer jy self agter die stuurwiel van jou lewe gaan sit, dan voel jy goed en lekker in beheer, maar dinge stuur vinnig op ʼn ramp af en draai nie so mooi uit soos wat jy wou hê dit moes nie. Jesus wag vir jou, Hy ken jou hart, Hy weet wat jou pla – al wat Hy wil hê is dat jy vir Hom moet tyd maak en Hom beter leer ken en ʼn goeie vriendskap met Hom bou.

Daar is ʼn gat in jou hart wat net Jesus kan vul, geen meisie of kêrel, mooi klere, akademiese prestasies, of aardse vriendskappe kan dit vervang nie, net Jesus kan.

Om by Jesus se voete te sit, is al wat jy moet doen om antwoorde op al jou vrae te kry. Raak rustig in Sy teenwoordigheid en leer Sy karakter en hart ken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sophia ·

Dit is pragtig en so waar! En daai gat, of vakuum wat binne-in jou is, is NET vir Jesus! Daarom is dit dat mense wat nie vir God ken nie dit probeer vul met alkohol, drugs en losbandigheid. Maar sodra Jesus sy plekkie inneem in jou lewe, is jou lewe vol want daai vakuum is gevul.

Chris Brooks ·

Baie dankie vir die mooi en bemoedige boodskap sal dit waardeer as die boodskap draer sy voete op die grond sit sodat ek nie na sy skoensole hoef te kyk nie.

SNEL ·

God waarsku in die Bybel dat ons dit moeilik op die aarde sal hê, Hy waarsku ons teen oorloë, en natuurrampe, so niks moet ons verbaas dan as so iets gebeur nie nie, eintlik moet ons opgewonde raak, dis geboortepyne vir die koms van die Here. Hoe nader dit na die eindtyd beweeg, hoe meer elende en tsunami ‘s gaan ons sien. Hoekom dit vrees as die Een wie ek dien in beheer is en of ek lewe of sterwe ek in Sy hand is. God bly altyd in beheer, Hy weet die beste en ons lewe in n gebroke wêreld vol hartseer en elende, maar danksy die duur prys wat Hy aan die kruis betaal het, kan ons deur die stroms kom. God gee krag en n ander uitkyk wat een nie sal verstaan as hulle nie met Hom n pad loop nie. Jesus is absuut altyd die antwoord. Hy het die afgelope ruk my deur so baie gedra en dinge wat my ontstel het en ek voor gebid het, het Hy laat uitwerk. Prys die Here, wonderlik om n Lewende God te aanbid wat ek weet in beheer is van enige situasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.