Die antwoord is altyd “Jesus”…

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Deur: Every Nation 

Voel jy soms of die Here jou in die steek laat?  Of dat Hy, in jou moeilike tyd, nêrens te vind is nie?  Ek het vir seker ook al so gevoel in my lewe.  As mens, is ons natuurlike reaksie om weg te beweeg of weg te hardloop van God as die lewe moeilik begin raak. Ons skeep baie keer ons toewyding aan die Here af, veral as dit “besig” raak.  Die eerste ding wat by die deur uitwaai in hierdie tye, is ons toewyding.

Ons sien dit al van Adam en Eva se tyd af – die oomblik toe hulle gesondig het deur van die vrug te eet wat hulle nie moes nie, kruip hulle vir God weg.  Ons sien direk ná hierdie gebeurtenis dat die Here in die tuin loop en ’n retoriese vraag vra: “Adam! Waar is jy?” Ons moet wel verstaan dat dit nie is asof God nie geweet het waar hulle is nie…

Hierdie vraag is onsettend belangrik.  Jesus toets dikwels ons harte met die vraag: Waar is jy? Want ons raak in besige tye tussen skoolwerk, sport, verantwoordelikhede by die huis, kuiergeleenthede, leerwerk, ensovoorts, soms weg.  Jesus weet dat ons lewens soms besig raak, en daarom nooi Hy ons gereeld weer uit om rustig te raak, te vergeet van die dinge rondom ons en weer op Hom te fokus.

By Hom is daar rus, vrede en vreugde. Ek daag jou uit om weer aan Jesus se voete te gaan sit en die laste waaraan jy so  swaar dra, by Hom te los.  Hoor sy uitnodiging aan my en jou:

“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal jul lewens verkwik. Neem my juk op jul skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir jul lewe kry. Want my juk sal sag op jul skouers rus en my las is lig om te dra.” (Matt. 11:28-30 )

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Derek Meyer ·

Nee, dis die mense wat noustrop trek wat altyd antwoorde probeer soek by gode.

Fran ·

Ai Derek…….
Dankie dat Jesus ons Christus is en met sagte oë na Sy kinders kyk. Elke dag se genade is nuut en sonder verwyt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.