Gedagte vir die dag: Die arm weduwee

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

‘Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.’ (Markus 12:43–44)

Jesus het die mense weer in die tempel geleer en Hom teen korrupte skrifgeleerdes uitgespreek. Hy waarsku die volk teen hulle, want hulle stap op straat rond in swierige klere en hou van die voorste gestoeltes by feesmaaltye, maar hulle steel. ‘Hulle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebede op. Hulle sal swaar gestraf word’ (Mark 12:40), het Jesus verklaar en toe regoor een van die offerkiste gaan sit en die mense dopgehou.

Volgens kenners was daar verskeie sulke kiste in die tempel – een is bedoel vir die tempelbelasting wat deur die mans na die tempel toe gebring is, ander vir vrywillige offers. Hierdie kis was waarskynlik in die vrouesaal. Ryk vroue het uitgedos soos poue verbygekom en hul geldsakkies in die kis leeggemaak. Toe die arm weduwee verbykom en twee nikswerd muntstukkies in die offerkis gooi, het die wenkbroue seker gelig, maar Jesus het sy dissipels nadergeroep en hulle daarop gewys dat die weduwee in haar armoede alles gegee het wat sy het.

Was sy dalk een van die weduwees wat deur die skrifgeleerdes ingeloop is? Ons weet nie, ons weet ook nie of Jesus die bietjie wat Hy gehad het, toe met haar gedeel het nie. Die les wat ons uit die voorval leer, is dat Jesus na die gesindheid van die gewer kyk. Moenie jou gawe terughou omdat dit klein is nie. God verbly Hom in elke geskenk wat uit die hart kom, al is dit ook gering in die oë van die wêreld.

Liewe Here, help ons om ons gawe met blymoedigheid te gee en dit nie terug te hou omdat ons skaam is daarvoor nie. U ken ons omstandighede en ons harte, ook dié van ander wat op ons neersien.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vasti Koekemoer ·

…..let wel, in die offerkis! Nie in die kollekte mandjie wat voor jou neus verbygestuur word in elke kerk in die wêreld, en God na n bedelaar laat lyk nie! As mense God waarlik lief het,sal hul blymoedig gee en gee en geeeeee!!!!!

Attie ·

Al is jou offer ook hoe klein Jesus sien dit raak HALLELUJAH

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.