Gedagte vir die dag: Die armes verlos

man_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die armes wat roep, sal hy verlos, ook die verdrukte sonder helper. (Psalm 72:12) – Deel 1

Om die troon van ’n Oosterse koning te kan nader met ’n versoek moet jy duur geskenke saambring om sy guns te wen. Ons God is egter ’n God van genade: “Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien” (Psalm 103:13). Hy vra nie geskenke van goud of juwele nie. Hy buig net af na ons in oneindige liefde en sê: “My kind, hoe behoeftig is jy? Watter swaar las druk jou neer? Watter bitter smart verduister jou geloof? Watter vrees verdonker jou pad? Watter geestelike dors moet Ek les? Watter leegheid in jou siel moet Ek verryk? Hoe honger, hoe hulpeloos, hoe swak, hoe wanhopig is jy? Wat het jy in hierdie uur nodig? Want Ek sal die behoeftiges verlos.” ~ James H. McConkey

Vader, mag ons by U alles kry wat ons nodig het. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Von ·

Dankie Here Jesus dat U in U groot genade elke dag vir ons sorg ….laat U Koningryk kom in die hemel net so ook op die aarde.. Amen

Troedels ·

Dankie Heer, soos altyd in die verlede het u ook hierdie keer vir my voorsien wat ek so nodig gehad het. U liefde en genade is altyd daar.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.